Satellite
Show on map
  • Day 20

    Villafranca to Vega de Valcarce

    May 20, 2022 in Spain ⋅ ⛅ 23 °C

    18km - lê al wakker in die warm kamer wat ek deel met 9 ander mense van 2 uur af. Ek sluip buitentoe met my sak en begin al teen 4am loop. Dis dood stil en n vars briesie kom van die stroom se kant. Eks skaars uit die dorp en gewaar iemand amper reg langs my. Ek skrik my stert af maar dis net Van, die man van Pennsylvania. Hy het 40km om te loop en wou vroeg begin voor die hitte ons slaan. 3 ure later het ons al die wereld se probleme opgelos en ek was al amper by my bestemming.

    Die wonder van die Camino is dat jy met soveel mense praat wat jy gewoonweg nooit sou ontmoet nie. Hier is almal dieselfde maak nie saak wat jou finansiele of sosio-ekonomiese agtergrond is nie.

    Die laaste 3km drink ek koffies en oefen my spanglish op verskrikte inwoners.

    Ek loop verby die beroemde Casa Susi, een van die albergues wat die Camino gemeenskap gered het van sluit gedurende lockdown.
    Read more