Satellite
Show on map
  • Day 29

    O Pedrouzo to Santiago de Compostela

    May 29, 2022 in Spain ⋅ ⛅ 23 °C

    22km - is teen 5:30am deur die pik donker woude vanuit O Pedrouzo. Mens se verbeelding is op hol maar gewaar ander entoesiastiese kop liggies rondom my.

    Die doel van die vroeg begin is daarmee heen soos wat jy busse mense sien afklim op die 10km merk 🤷🏻‍♀️ Dis hemelvaart + lang naweek + heilige jaar in die katolieke kalender en vandag gaan chaos wees.

    Ek kom agter Monto de Gozo se Monumento al Caminante beelde is nie op die roete nie en besluit om die ompad aan te pak met een ander pelgrim op my hakke. Dit was elke ekstra km die moeite werd. Dit was vir my meer van n afsluiting as die katedraal.

    Ek was voorbereid op die sondag chaos in Santiago de Compostela. Die Plaza del Obradoiro was gepak met pelgrims en toeriste. Ek het vir n rukkie gesit, dit ingeneem, vir n paar mense gegroet en in die tou gaan staan vir my compostela sertifikaat.

    Vriende van CT wat nou in Portugal bly het dieselfde tyd die Portuguese roete van Porto klaar gemaak en ons het die geleentheid goed gevier.

    Gevoelens oor die afgelope maand: ek het die stap deur pragtige plekke met soveel geskiedenis baie geniet. Ek het baie van myself geleer, n nuwe taal probeer baas raak, ongelooflike mense ontmoet en goeie herinneringe versamel.

    Wat sou ek anders doen: by Sarria stop. Die busse vol toeriste en studente was oorweldigend. Santiago is pragtig maar is n “tourist trap” met honderde curio winkeltjies en amerikaners met Camino t-shirts, hoede en sakke wat heelwaarskeinlik 3 uit die 6 dae uit taxi gery het.

    Sal ek dit weer doen: dink minder populere roetes roep definatief meer nadat ek van soveel avonture gehoor het in Frankryk, Nepal en VSA…
    Read more