Satellite
  • Day 13

    Terug in NYC

    December 6, 2016 in the United States ⋅ ⛅ 7 °C

    Ek skryf hierdie stukkie in die taal want ek mag maar. Die vlug terug NY toe was fantasties in kontras met my vlug SA toe. Van Sandton af het ons die Gautrein OR Tambo toe gevat en oh my word, hoe verras was ek! Die trein is ligjare beter as enige trein wat ek al in NY gevat het! 15 min tot by die lughawe teen 160 km/h, baie stil en super skoon, Europese standaarde! Ek het omtrent 9 ure geslaap op die vlug so was heel uitgerus toe ons 07:00 Dinsdag oggend land. Toe is dit vinnig woonstel toe, stort en kantoor toe.

    Ek moet sê die trip het my ń nuwe perspektief van SA gegee. Daar is ń nuwe gevoel van positiwiteit onder almal. Die mense is great, almal is ń gemeenskap en vriendelik, ons weer is van die beste, die natuurskoon is besonders en als lyk net vir my so mooi! Ek sal môre terugtrek om eerlik te wees. Gewoonlik is mens half opgewonde om terug "huistoe" te gaan na vakansie, maar die keer voel ek niks, absoluut niks! Ek dink die skrif is aan die muur.

    Maar vir nou is dit eers terug na die grys, koue en onpersoonlikheid van NY. En almal met hulle snotneuse en gehoes in die kantoor. Gee my krag 😉

    - Chris
    Read more