Satellite
  • Day 3

    Aankoms in Jeju

    March 5, 2019 in South Korea ⋅ 🌙 7 °C

    Dalk moet mens net eers oor die initial shock kom voor jy kan begin process. Ek dink die ervaring is heeltemal anders as mens vir n jaar kom as wat mens vir vakansie kom en verseker meer challenging as mens alleen kom. Maar hier is ek na baie baie turbulance en Jeju is massive! My hele persepsie van grootte op n kaart is nou gebreek. Dis na 12 die aand toe ek eindelik deur doane is en ek hang soos n skaaphond by die venster uit en verkyk my aan al die geboue en liggies...en natuurlik die karre aan die verkeerde kant vd pad. Ekt n eiland in gedagte gehad, maar new york city gekry....sonder die engels. Behalwe vir die vreemde badkamers en deure wat met knoppies ipv sleutels werk, is my huisie herl billik en ek groet gretig die dag.Read more