Satellite
  • Day 35

    Abandoned Circus

    April 6, 2019 in South Korea ⋅ ⛅ 12 °C

    Wat n ervaring! Glad nie vir toeriste bedoel nie, maar n heerlike uitstappie. Die sirkus het in 2007 besluit om sy deure te sluit en alles net so daar te los. Na 12 jaar het wind en weer al baie verander, maar jy kan amper sien hoe hier gister nog n sirkus was. Aan die dak hang skerwe van vlaggies, die sitplekke is opgeslaan, daar staan n stoel in die middel vd verhoog en die nooduitgang is nog duidelik gemerk. Verder is daar nog kostuum kamers met kostuums in en kantore met boeke, printers, telefone en selfs n glasie met n tandeborsel en tandepaste in. Die sak vol ingangs kaartjies, poker chips, vending masjiene en botteltjies guava juice laat mens voel of hier nog onlangs iets aan die gang was. Alles is egter al bruin oud en vrot. Ons elkeen soek ons gelukkige nommer tussen die kaartjies uit en verken verder. Wat egter n hoogte punt bly was die kamertjie met die toegang onder die gebou...en op sy vloer n Leonard Cohen CD....die res is n hartstorie vir die wat Cohen se lirieke ken. Ongelooflike ervaring.Read more