Satellite
  • Day 25

    New Plymounth plesiertjies

    December 1, 2016 in New Zealand ⋅ 🌙 25 °C

    Dis 1 Desember, die jaar lê op sy rug. Dis offisieel somer in die suidlike halfrond. Die son het sy verskyning in New Plymouth gemaak en dis heerlik vandag. Ons is vroeg uit die vere om op die New Plymouth coastal walkway te gaan draf. Party outjies is dalk bietjie effens ambisieus na die halfmarathon, maar ek sê nie veel nie en aanvaar die bereidwilligheid met ope arms. Mount Taranaki (berg) pronk nog met 'n lagie sneeu en is uiteindelik sigbaar agter die banke mis die laaste twee dae.

    Dis 'n pragtige kusroete oor die Fitzroy rivier al langs die see, randomly gaan mens 2x oor 'n treinspoor. Daar is oral mammas met stootwaentjies, fietsryers, ywerige drawwers en 'n paar bleek New Zealanders wat net die son wil groet. Dis 'n drawwer se droom om soveel opsies in 'n stad te hê, sonder verkeer.

    Ek sukkel ook ma bietjie plek plek, maar my kop haak uit met die mooi natuurskoon en ek hol 7km. Roedolf is gebreek en ek help nie. Ons stap 'n ent ( bietjie stadig vir my standaarde ek raak, kry koud), toe draf ek weer.

    Tuis bou ek vir Roedolf 'n roereierwrap ( hoe weird klink dit)? Ek smyt wasgoed in en tittewyt bietjie vir bietjie Isabel tyd in die dorp. Ek moet se dis hemels om weer die luukshede in die lewe terug te hê, 'n haardroer, straightner spieel en natuurlik 'n warm stort. .Ek drentel deur New Plymouth se strate en drink ' n L'Affare coffee by Petit Paris- my lewe is n sukses met ietsie frans in die mix. Ek dagdroom oor my plekkie eendag, ek dink ek kort n papier en 'n pen of 'n spreadsheet ( spreiblad klink net nie reg nie).

    Happy December
    {Issy}
    Read more