Satellite
  • Day 10

    Sirin islands

    February 14, 2017 in Thailand ⋅ ⛅ 25 °C

    Nog 'n strand uitstappie na 3 pragtige duike vandag. Hierdie is meer die tipe eiland prentjie wat ek destyds in my kop gehad het toe ons Bermuda toe getrek het. Dig bebos, baie tropiese plantegroei met hoë knoppe wat tussen die pragtige blou water pronk. Wel hier ontdek ek die verbeeldingsreis. Dit is idillies mooi, die Thai ou en die DM wat die dinghy middellyf diepte uit die see trek na die byne verlate eiland maak dit voel soos iets uit 'n film. Die dagbesoekers is weg en dis ons duikgroep en 'n paar hardcore kampeerders wat in mini tentjies kamp wat op die strand baljaar. Ons was by 'n paar besienswaardighede waar die toeriste soos miere kompeteer vir een of ander perfekte foto of waar hulle jou skrum om by die tempel in te kom. Dit maak egter hierdie oomblikke baie meer kosbaar wanneer mens net kan asemhaal en wees op sulke ondenkbare mooi plekke. En keer op keer wen die natuur en dis by verre die goed wat ons saam baie geniet.

    {Issy}
    Read more