Satellite
Show on map
  • Day 12

    Denali park en natuur toer

    September 3, 2018 in the United States ⋅ ⛅ 10 °C

    Ons het 07:00 met die shuttle na Park Village gegaan waar die bus ons opgetel het vir ons 'natural history tour'. Ons het gery na 'n hout 'cabin' waar mense in vroëer jare oorgeslaap het terwyl hulle met die sleëhonde gery het om voorraad aan te dra of te soek vir stropers. Daar het eenkeer 'n 'musher' met sy honde gery en in ys ingeval, met die slee en al die honde, behalwe die lei-hond, want hy was beseer en het los saam gehardloop. Toe die jond dit sien het hy begin blaf en krap en spring op die ys sodat die ander honde moet probeer uitkom. Hulle het toe sy voorbeeld gevolg en almal, met die slee en die musher uitgetrek. Ons het ook 'n uil by die huisie gesien. Daarna het ons verder deur die park gery en Steve, ons gids, het ons vertel van gebruike vir verskillende plante. Hy het 7 jaar in 'n 'native village' gebly. Ons het weer vir mount Denali gesien. Daarna het 'n Athabascan meisie ons kom vertel van die indiane se kultuur en geskeidenis. Oppad terug het ons 'caribou' gesien. Dis 'n soort takbok. Ons het toe rondgeloop by die visitor centre en daarna 'n sleehonde vertoning gaan kyk. Hulle is groter as die resies honde want hulle moet swaar goed rond sleep. Hulle is die enigste sleehonde wat nog werk, want Denali is 'n wilderness park, wat beteken die mens is net 'n toeskouer en mag geen voetspoor los nie. Dus kan hulle nie sneeumasjiene, ens gebruik nie. Dis ook glo makliker om meeste plekke met die honde te beweeg. Hulle vat gewoonlik goedere in die winter na 'n plek waar dit dan in die somer gebruik word, bv voorraad vir die bou van 'n brug. 'n Groot deel van Alaska se grond is permafrost, wat beteken die grond onder die heel boonste lagie is permanent gevries. Baie min plante kan dus daar groei. Van die honde af het ons teruggegaan hotel toe en toe het ons in down town gaan rondloop en huis toe gekom.Read more