Satellite
Show on map
  • Day 18

    Laaste dag in Kanada

    September 9, 2018 in the United States ⋅ 🌧 15 °C

    Ons het heerlike ontbyt pita's gehad wat Paul gemaak het, chef style. Chrissa is toe werk toe en ons het gery om Matthew se sokker te gaan kyk. Hy speel VIPSL (een of ander premier league of so iets), maar hy is mal goed. Bets het ons toe afgelaai by die ferry (groot tranedal - nie ouma nie). Op die ferry het ons poutine geëet, want mens kan, volgens Betsie, nie Kanada verlaat sonder om dit te geproe het nie. Dit was vandag Metchosen dag (die area waar Bets-hulle bly). Chrissa het vandat hulle daar aangekom het elke jaar die 5km hardloop gewen (natuurlik). Matt het die eerste jaar (net 'n week na hulle om Kanada aangekom het en nie weet wat gaan vir wat nie) nooit by die einde uitgekom nie. Toe almal begin benoud raak sê Chrissa sy sal weer die roete hardloop en kyk waar hy kon verdwaal. Sy kry hom toe langs die pad, besig om bessies te eet. Dit het glo vir hom lekker gelyk en toe stop hy en eet bessies, vir langer as wat die resies aangehou het. Ons het toe lughawe toe gegaan en gevlieg tot in Seattle en is nou oppad New York toe.Read more