Satellite
Show on map
  • Day 2

    Eerste dag in Ubud

    April 18, 2019 in Indonesia ⋅ ☀️ 32 °C

    Ons het inge'book' by ons Bungalows en toe 'n vet middagslapie met die aircon aan gevat (wel, meer 'n middagslaap, want ons het eers 19:00 wakker geword - jet lag en so). Ons vaar toe die strate in (met die 100 000 Rupiah wat ma getrek het - so R100, en my 2 500 000, want as mens nie lees nie...) en gaan koop 'n 'lekker sagte wit broodjie' by die winkel (want dis mos die toppunt in my ma se lewe - 'sagte wit broodjies'). Ons het toe by Biah Biah Plus gaan eet. Hulle bedien al die kos op piesangblare. Piesang is ook die Indonesiese woord daarvoor. Ek lees toe so vinnig oor die invloed van Indonesië in Suid-Afrika en sien dat dit eintlik die Wes-Indies vroeër was en is waar kaap-malay vandaan kom. Daar is dus baie Afrikaanse woorde wat dieselfde hier is. Kos is baie goedkoop hier (dit kan seker duur wees ook by plekke) maar dis vrek lekker. Ons loop toe verder en oppad terug gaan ons vir 'n voet massering elk. Dis oop tot 23:00 - wel omtrent alles is tot dan oop (ek dink dis sodat mense middagslape kan vang in aircon, want dis maar lekker bedompig en warm hier). Nou is ons lekker moeg en gaan (weer) slaap.Read more