Satellite
  • Day 8

    Kookklas en Bali Belly

    April 24, 2019 in Indonesia ⋅ ☀️ 31 °C

    So... Bali belly is 'n werklikheid. Ek het vanoggend opgestaan en nie lekker gevoel nie, maar 'n Maxalon en bietjie moed later is ek oppad na 'n Balinese kookklas (waarvoor ek al uitsien van voor die trip af). Wayan (elke derde mens se naam hier is Wayan) tel my op by die Bungalows en vat ons sewe (wat die klas doen) na die markie toe. Daar vat sy pa, Ketut ('n ander derde van die mense se naam), ons deur die markie en wys als en laat ons proe (wel, laat die ander proe). Daarna vat hy ons rysvelde toe en verduidelik hoe dit werk. Die vore waar die water deur loop word gebruik om die rysvelde nat te maak, maar dit word ook gebruik vir swem, was en klere was (groot oë). By die kookklas kry ons elkeen 'n voorskoot, ystee/kruie drankie en water. Hulle wys ons toe wat elke kos/krui/spesery-soort is en laat ons (die res) ruik en proe. Daarna maak ons 'n basiese kruie pasta wat hulle in hulle algemene resepte gebruik. My Maxalon werk toe nie meer so lekker nie en ek vra toe vir 'n taxi huis toe, waar ek die nog pille drink en die hele dag slaap en siek wees. (Ek was baie hartseer oor die kookklas wat ek gemis het, maar nou ja). Die aand het ek beter gevoel en ek stap toe saam Annelia en Sharon want Annelia soek charcoal roomys. Sy eet toe een daar en koop nog een om saam te vat en te eet want dis vir haar so lekker. Sharon kyk haar met groot oë aan, wys na die Oosterse mense wat agter ons sit en sê: "Kyk, Annelia, hulle eet 4 mense aan 1 roomys, nie 2 roomyse per persoon nie." Ma was pyramids of Chi toe, mens lê glo stil met musiek en vibrasies en hulle tik jou met 'n stok as jy snork. Sy het ook die middag siek geword. Nog 'n paar ander mense het ook siek begin word.Read more