Satellite
Show on map
  • Day 10

    Singapore sling, tuine en lughawens

    April 26, 2019 in Singapore ⋅ 🌧 25 °C

    Die taxi's kom laai ons 07:55 op om ons lughawe toe te vat en met baie mooi legkaart bou is ons almal en al ons bagasie lughawe toe. Ons eet 'n lekker ontbyt terwyl ons wag en besef ons is weer in 'normale-prys-omgewing' want als voel skielik baie duur. By Singapore het ons 10 ure tussen ons vlugte en ons koop kaarte en ry met die moltrein na die Promenade area waar ons na Gardens in the Bay gaan. Dis mensgemaakte tuine met blomme, vertikale tuine, ligte en alles mooi. Daarna gaan almal terug lughawe toe behalwe ek, ma, Michelle en Brendon, wat opgaan Skypark toe. Dis op die 56ste verdieping op 'n houtdek met glas'mure' aan die buitekant waar mens Singapore se skyline kan sien. Ma is erg hoogtevrees en bly maar by die middelste muur. Mens moet natuurlik 'n Singapore Sling op die hoogste gebou drink in Singapore, so ons maak toe so, en kyk die laser show onder in die tuine en op die water voor ons teruggaan. By die lughawe gaan rus ons in die lounge tot ons moet deurgaan vir ons vlug. Daniel, Wian, Elmien en Carien se vlug na Singapore was vertraag en hulle kom daar aan net toe ons moet opklim (phew - verligting). Terug in Johannesburg groet ons almal mekaar (met 'n swaar hart) en ek, ma, Annelia, Sharon en Pikkie eet 'n Spur-ontbyt op die lughawe voor ons Annelia gaan (probeer) afsien waar sy haar kar gaan huur, net vir haar om te besef sy het haar lisensie in Bloem vergeet. Ons maak toe 'n plan en sy kry haar kar, ons gaan laai vir Pikkie af by paintball en ons ry terug Bloem toe. Die einde van 'n onvergeetlike vakansie met 'n groot boks herinneringe en nog 'n nuwe ervaring wat my horison verbreed en denke uitdaag.Read more