Satellite
Show on map
  • Day 1

    Post call na Seychelles

    August 20, 2019 in South Africa ⋅ ☀️ 19 °C

    Ek het gisteraand gespoed en vanoggend het Liza, Donné en Sorika vroeg gekom om my af te los (beste mense). Madaleen het my toe lughawe toe gevat en van daar af het ek Johannesburg toe gevlieg. In Johannesburg was dit 'n lafenis om bietjie in die lounge te gaan sit voor ons die middag gevlieg het Seychelles toe. In Mahé geland, het ons deur doane gegaan, waar jy geen dier- of plantprodukte mag inbring nie. Voor mens opstyg spuit hulle al die hand bagasie met een of ander iets en wanneer mens land, moet die gesondheidsinspekteur eers ondersoek en toestemming gee voor mens mag afklim. Buite die lughawe het die vrou met my huurkar gestaan en ek het van daar af gery na my blyplekkie vir die aand. Die deel waar ek gery het is baie stil, met geen oop besighede daai tyd van die nag nie. By my huisie het Jimmy my gewys waar alles is. Daar is 'n jackfruit boom reg voor my huisie en hy het vir my 'n stukkie gebring om te proe. Ek was so moeg dat ek dadelik gaan slaap het.Read more