Satellite
Show on map
  • Day 2

    Dag in Mahé, Seychelles

    August 21, 2019 on the Seychelles ⋅ ⛅ 26 °C

    Ek het effens verslaap (ek wou die sonsopkoms kyk, maar gelukkig was dit bewolk so ek voel bietjie beter daaroor). Ek het toe in my huur karretjie (Gracie, want die vrou by wie ek dit gehuur het is Grace) geklim en om die eiland gery met 'n stoptydjie elke af en toe. Daar is erg mooi strande en mense stop sommer net langs die pad waar hulle wil. Ek het gery tot in die Noorde by Baie Ternay Marine Park, waar ek gaan stap het, 'n coconut gedrink het en bietjie geswem het. Daar is vervalle geboue wat in die middel van die park staan wat glo vroëer 'n skool was en te duur was om te onderhou, so die regering het 'n ander skool gebou en die plek is nou verlate, maar dit is so mooi en reg langs die see. Ek het verder om die eiland gery en met 'n pad oor die berg met al sy ruig plantegroei gery, wat lyk soos 'n woud. Daarna is ek Victoria (die hoofstad) toe en het tussen stalletjies rondgeloop en na nog strande gegaan en rondgery tot ek terug is lughawe toe, waar ek my karretjie moes toesluit met sy sleutel binne hom en dan tel Grace hom op wanneer sy kan. Van daar af het ek die aand Abu Dhabi toe gevlieg.Read more