Satellite
  • Day 3

    'n Dag in Abu Dhabi en Dubai

    August 22, 2019 in the United Arab Emirates ⋅ ☀️ 39 °C

    Ons het die oggend omtrent 00:30 geland. Ek het nog nie 'n visa gehad nie so moes eers vir 'n transit visa wag (ja, ek het darem voor die tyd geweet ek kan dit op die lughawe kry, want my aansoek op die internet wou nie werk nie en ek kon nie die regte persoon by die ambassade in die hande kry nie - ek het dit dalk gelos tot die dag voor ek gevlieg het, maar all is well that ends well). Ek het toe met 'n gesukkel my huurkar gekry en na die hotel gery waar ek die aand (oggend van 03:30 af) gebly het. Dankie tog daar was nie baie karre op die pad nie, want ek het lanklaas aan die regterkant van die pad gery. By die hotel het hulle my kar gaan parkeer soos in die flieks terwyl ek net by die voordeur afklim (very fancy). Hulle het toe nie meer 'n rookvrye kamer beskikbaar nie en gradeer my toe op na 'n suite toe (ongelukkig net vir 'n paar uur). Die oggend 08:00 moes ek vir Lizzy en Chanelle by Bab Al Shams by Dubai kry vir ontbyt, waarvoor ek toe effens laat is en hulle nie kan kontak nie, want my foon gee nie eers die opsie vir roaming daar nie. Mens kan ook nie oproepe maak op sosiale media daar nie. Ek het uiteindelik daar aangekom en ons eet toe baie indrukwekkende buffet ontbyt en vang jare se kuiers op (wel, ons het probeer). Dit was 'n absolute fees om hulle weer te sien na so lang tyd. Van daar af is ek Dubai toe tot by die Union Flag Pole en het teruggery al langs die kus, met 'n pitstop by Madinat (alles op Betsie se aanbeveling, want sy het mos daar gebly en sy weet van ondervindings en goed waardeer in die lewe). Die paaie is baie goed en lekker om te ry, met geen verkeersprobleme nie en spoed grens van 140 km/h. Terug in Abu Dhabi het ek op die City sightseeing bus geklim en is daarna terug lughawe vir die vlug die aand. Ek bespreek toe my vlug van Seoul na Jeju net voor ons op die vliegtuig klim, sodat ek nie die vlug sal mis as ons vlug vertraag is nie. Minwetend... toe ons in die vliegtuig sit, vasgegordel en reg om te gaan, laat weet die kaptein hulle het laat weet ons kan nie vlieg nie. Ons vlug is toe met omtrent 90 minute vertraag en die vlug moes aangepas word oor China se lugspasie (ek weet nie rerig wat gebeur het nie), maar ons toe baie laat vir my binnelandse vlug. Wat kan mens doen? Ek besluit toe maar om dit self te kom uitsorteer as ek in Seoul is.Read more