Satellite
  • Day 4

    Uiteindelik in Jeju

    August 23, 2019 in South Korea ⋅ ⛅ 27 °C

    Van Incheon af vat ek die trein Gimpo lughawe toe (dankie Wilna vir al die touwys maak in 2016, al was dit bietjie verroes het ek darem weer die treine uitgefigure). By Gimpo kry ek toe amper dadelik 'n vlug Jeju toe deur JejuAir (ek sal hulle definitief aanbeveel). In Jeju staan daar 'n baie lang ry mense wat wag vir taxi's en ek kry toe uiteindelik een wat my na Annette toe vat wat met 'n sjokolade melkie in die hand staan en wag. O, en my tas se wieletjie het ook in-tussen gebreek, so alles moet mooi beheer word. Ons gaan eet toe Bulgogi by 'n restaurant naby Annette se huis, saam met Margerite en Lisa. Lisa (van Korea af) braai die vleis in die middel van die tafel en ek kry uiteindelik, na al hierdie jare, weer sesame blare om te eet. Daarna gaan speel ons 'n bordspeletjie by Lisa se huis en stap toe terug huis toe, waar ons, pootuit, aan die slaap raak - jetlag is a real thing (en dis 5 ure vooruit nou).Read more