Satellite
  • Day 2

    NYC na Vancouver eiland

    November 26, 2021 in the United States ⋅ ⛅ 9 °C

    David, wat toe nie Owen se vriend is nie, maar ook ge'airbnb' het, is 'n elektriese ingenieur in Costa Rica en werk met goed wat AC na DC omskakel sodat mens min van die opgewekte krag oor baie ver afstande verloor. Indrukwekkend. Kan Eskom asb die man aanstel? Hy moes ook 07:00 vlieg, so ek en hy ry toe sommer saam in 'n taxi 04:30 na Newark lughawe waar ek met Alaska Airlines vlieg tot in Seattle. Die vlieënier sê, toe ons ons veiligheidsgordels moet aansit agv turbulensie 'in an abundance of caution we are switching on the seatbelt signs' en dit was so oulike uitdrukking. Ek is nie 'n abundance of caution tipe mens nie, inteendeel. Maar daar is dinge waarmee mens eerder abundance of caution moet hê, en ek dink ons het dit soms nie genoeg nie, veral met ander mense. Ek dink ons is soms baie hard en moet eerder ons veiligheidsgordel vasmaak oor ons mond wanneer ons met ander mense werk, selfs al is dit eenmalige, vinnige kontak. Mens weet nooit hoe erg die turbulensie in iemand anders se lewe is nie.
    By Seattle lughawe kry ek die bus (na vele gesukkel) na Port Angeles, waar ek op die ferry moet klim. Die busbestuurder kaptein mens sê ek moet asb in die vervolg aanlyn bespreek, maar hy sal die rit vandag vir my gratis gee - oulik. Hy bring ook snacks en water ens. Ons ry vir lank, wat onder andere 'n rit in die bus op 'n ferry insluit. Uiteindelik kom ons in Port Angeles aan, maar intussen het ek uitgevind Kanada laat van vanmiddag af nie meer Suid-Afrikaners toe nie agv die nuwe covid variant. By die ferry vind ek ook uit die laaste ferry ry al 14:00 die middag. Ek bespreek toe maar 'n airbnb by 'n motel en die vriendelike mens wat by die ferry kantoor werk reël vir my 'n taxi. Die taxibestuurder sê die motel is bietjie verdag, want daar bly mense wat dwelms gebruik, ens. Ek gee nie baie om nie, ek wil net slaap êrens sodat ek more die doane kan probeer oorreed om my te aanvaar. En ek meen toe in my brein, ek kom van SA af, die mense kan nie gevaarliker wees nie. Die motel het wel duvets met brandmerke in.
    Ek het natuurlik nog nie geëet vandag nie so ek stap toe Wendy's toe soos 'n regte Amerikaner. Dit bly vir my een van die lekkerste dinge van oorsee gaan... om veilig, alleen in die aand te kan stap waar ek wil wees. Of in die dag. In elk geval, terug by Wendy's... agv inenting reëls is hulle net oop vir drive thru. Ek stap toe maar agter die karre aan, maar toe ek wil bestel vra sy nie 'welcome to Wendy's can I please take your order' nie. Ek vra toe die vrou agter my om nader te ry sodat die welcome to wendy's kan aktiveer. Dit gebeur darem en na ek die arme 'can I please take your order' tannie se verwarring uitgesorteer het kry ek my kos en stap terug motel toe. Ek wou nie rerig in die kamer kom eet nie so ek ontdek toe 'n busbankie reg langs klomp bome en 'n riviertjie, waar ek my aandete geniet terwyl ek na die naglewe van Port Angeles kyk. Terug by die hotel bel arme bekommerde Bets en Estee bied aan dat hulle familie het by wie ek kan gaan bly in Denver want hulle is nie tans by hulle huis in Indianapolis nie. Maar ons sal more kyk wat gebeur en dan besluit hoe verder. Either way, dis 'n avontuur. Nou gaan ek eers nog 'n stukkie jetlag afslaap.
    Read more