Satellite
Show on map
  • Day 11

    Ysvisvang

    January 6, 2023 in the United States ⋅ ⛅ -16 °C

    Ons het lekker laat geslaap en die middag weer Noordpool toe gegaan en weer 'n 'hot cocoa' gaan drink by Santa Claus house. Dis rerig baie lekker.
    Daarna het ons gery na die Chena lake recreational area vir die ys visvang. Ons het dit amper nie gedoen nie, want dit was nie hoog op ons 'te doen' lysie nie. Ek is bly ons het toe wel daarby uitgekom. Dit was onverwags lekker.
    By die 'lake' parkeer ons en loop af na 'n tydelike hut op die meer. Ek kry natuurlik my daaglikse val in, maar ek het nie gister geval nie, so ek het tegnies nog 3 oor vir die 2 dae.
    In die hut loop ons weer 2 van die mense wat ons by die ysmuseum in Chena gesien het, raak en gesels en ruil nommers uit. Hulle bly in California.
    Daar kom nog 8 mense by, 4 koreane en 4 chinese. Die koreane kom sit by ons en ons gesels heel lekker. Hulle kom van 'n dorpie net langs Jeonju, maar bly nou in Connecticut. Tannie Sarie is die eerste een om 'n vis te vang. Mens laat sak jou klein visstokkie se lyn met 'n stukkie prawn aan tot op die bodem en trek dit dan omtrent 'n half voet (ja, ja, Amerika...) terug en laat die lyn oor jou wys vinger lê tot jy voel iets pluk aan hom. Dan trek mens die vislyn met jou hande uit. Dis glo makliker as om dit met die stok te doen. My eerste vis kom weg, maar ek vang darem nog.
    Tyson wys toe vir ons hoe om die gate in die ys te maak en ons elkeen wat wou, kry 'n kans om 'n gat te maak. Daarna maak hy die visse mooi skoon en braai dit (almal was salm) met olie, sout en peper. Dit is seker die lekkerste vis wat ek nog geëet het (behalwe dalk die salm wat dr Elsabé gemaak het toe ek en ouma by hulle gekuier het).
    Van daar af ry ons terug Fairbanks toe en gaan koop gou laaste goed by Walmart. Soos 'n tas vir tannie Sarie, want haar bagasie het nog steeds nie aangekom nie. Toe ons buite kom sneeu dit. So mooi.
    Slaaptyd.
    Read more