Satellite
  • Day 10

    Verassings in Japan

    October 25, 2019 in Japan ⋅ 🌧 16 °C

    Dis mense is baie interessant, met gebruike wat vir ons vreemd is. Basies het hulle 'n geldige respek vir ander mense.

    Daar is geen asblikke op straat nie. Jy vat jou sakkie vuilgoed saam met jou tot jy dit kan weggooi. By die koswikkel waar jy dit gekoop het of aan die einde van die treinrit ens.

    Jy is stil in publiek, op die treine is dit baie keer so stil dat mens 'n speld kan hoor val, niemand praat nie.

    As trein personeel deur die trein loop buig hulle aan die einde van elke wa.

    Die personeel by Singapore staan netjies in 'n ry voor die terminaal oopmaak en buig om passasiers re groet.

    As 'n passasier voor jou 'n stoel se ruglening laat terug lê, dan waarsku hulle jou eers.

    Ons het die hele tyd nie 'n enkele bedelaar gesien nie. Met 'n paar wat op straat slaap.

    Badkamers is volop en meestal skoon.

    Baie restaurante, buite die kommersiële gebied, is privaat en jy moet bekend wees aan die eienaar of saamgenooi word deur iemand wat die eienaar ken om toegelaat te word.

    Geen Tips en Fooitjies! Maak lewe soveel makliker.

    Japanese gebruik tradsioneel nie prokureurs om privaat aangeleenthede te beredder nie.
    Read more