New Zealand
Alf Creek

Discover travel destinations of travelers writing a travel journal on FindPenguins.
Travelers at this place
    • Day 13

      Heli hike op Fox Glacier

      November 19, 2016 in New Zealand ⋅ ☁️ 4 °C

      Ek skryf die oudjie in afrikaans want ek kan eenvoudig nie so liries raak in engels nie.

      Na die aanvanklike teleurstelling dat ons groep gekanseleer was as gevolg van die weer, was ons gelukkig genoeg dat ons beplanning buigbaar was en dat ons kon aanbly vir n later groep.

      Op die einde was ons toe die enigste groep wat vandag op die gletser gekom het, dis gestuur van bo! Soveel so dat dit heel oggend gereen het en minute voor ons sou gaan opgeklaar het, die wolke het net hoog genoeg gelig dat die helikopter hoog genoeg kon kom om ons op die gletser af te laai, en minute na dat ons veilig terig by die helikoper landing in die dorpie was het die wolk begin sak, soveel so dat die 4de helikopter wat mense af bring gesukkel het om te land op die glester om die laaste mense te gaan haal.

      Die helikopter rit op en af van die gletser was soos 'n adrenalien plesierparkrit as gevolg van die die weer wat nie perfek vir helikoper vlieg was nie. Die uitsig was egter ongelooflik veral omdat ons vroeer die dag die staproete na die glester gedoen het en ons nou kon uit die sien waar ons voorheen was.

      Ons was in die eerste van 4 helikopters waaruit die groep bestaan het dus was ons eerste op die gletser en weer eerste af. Die eerste paar minute op die gelster terwyl ons vir die ander helikopters gewag het was nogal onwerklik. Aan die eenkant vind ons onsself op die sprokiesmooi plek en aan die ander kant hoor ons hoe die gids se tweerigting radio bler met helikoper vlieëniers wat hom inlig oor hoe drygend die wolke lyk en dat hulle ons dalk op kort kennisgewing moet kom haal as die weer bietjie draai.

      Gelukkig was dit nie nodig nie en het ons een na die ander helikoper sien land. Stukkies ys het op ons gewaai soos die helikopter land en weer opstyg. Ons het ons ystertande wat mens help vastrap op die ys aangesit en begin klouter oor die heuwels ys.

      Die gids het ons gewys hoe klippies of blare of enige iets wat op die ys val warm gebak word deur die son en dan deur die ys smelt om poeletjies op die gletsers te begin, wat naderhand stroompies water maak. Ons het ook grotte gesien en selfs in party ingegaan en deur 2 gegly soos in die "ice age" fliek.

      Ons was in verskeie skeure en krake wat gevorm word deur die beweging van die ys en drukking as gevolg van die beweging. Die gletser beweeg 3 meter per dag wat ongelooflik vinnig is en omtrent 1000 vinniger is as gletsers in die noordelike halfrond. Die baie reënval in NZ wat die ys swaar maak aan die bo kant en verskeie watervalle rondom die gletster wat lubrikasie is vir die ys om teen die berg af te gly.

      NZ spog met 3000 gletsers, gun wonder dis so koud hier nie. Selfs die lente voel vir my baie kouers as Bermuda winters 😜. Die gletsers smelt egter vinniger as wat dit groei en beweeg weens globale verwarming.

      Terwyl ons al die mooi goed beleef en natuurlik 100de onsies ("selfies") neem, kan mens nie anders as om baie bitterlik klein te voel in God se skepping nie.

      Enige iets kan gebeur en die natuur kan teen mens draai en jy kan erg seerkry. Die gids het dit bewys toe ons verby n rots skeur loop wat nie voorheen daar was nie en hy vra ons om terug te staan en hy kap met sy pik aan die skeur wat toe inmekaar tuimel en kon so maklik gebeur terwyl ons langs dit loop en daai groot blokke ys kan n mens sommer plat val. Gelukkig was dit duidelik dat die gids sy storie ken en elke ding wat hy ons gewys het het hy eers getoets vir veiligheid.

      Een van daai ongelooflike dinge wat mens waarskylik net een keer in jou lewe gaan doen en ervaar en dis lewensveranderend en asemrowend. Die adrenalien het seker nog 5 ure na die tyd so gepomp dat ek maklik 5 ure ver met die kampeerwa gery het tot by ons volgende kampplek.

      Dis eintlik nie moontlik om die ervaring in woorde of fotos vas te lê nie, maar ons sal dit altyd saam met ons dra in ons gedagtes.

      #neverstopexploring

      {Roedolf}
      Read more

    • Day 13

      Fox Glacier

      November 19, 2016 in New Zealand ⋅ 🌧 14 °C

      One of those defining moments in life... where I want to hang in for a little longer. I am so happy to be so close to the grandeur of nature.

      "How great is thou art🎼"

      {Issy}

    You might also know this place by the following names:

    Alf Creek

    Join us:

    FindPenguins for iOSFindPenguins for Android