Olanda Station Delft

Scopri le mete di viaggio dei viaggiatori che scrivono diari di viaggio su FindPenguins.
Viaggiatori in questo posto
  • Giorno 2

    Strand & Brielle

    3 maggio, Olanda ⋅ 🌬 12 °C

    Bei nur ca. 2 Tagen stand heute zweimal Strand auf dem Programm. Lang gelaufen und dann zum Buch lesen und chillen an nem netten Plätzen niedergelassen. Am frühen Nachmittag ging es mal in ein kleines Städtchen ca 15 min entfernt: Brielle. Die ganze Stadt war voll mit Soldaten und Lagern... die feiern 4 Tage lang die Befreiung und imitierten die Zeit damals....Leggi altro

  • Giorno 31

    Last days in Rotterdam

    30 aprile, Olanda ⋅ ☁️ 22 °C

    Und schon ist der April in Rotterdam vorbei 🥲 nette Menschen, wunderschöne Natur mit vielen vielen 🦆 🐤🦢🪿🩵
    Wir haben Berta unsere Taube vor dem Haus beim gemeinsamen Nestbau beobachtet und sehen sie jeden Morgen am Fenster. 🌳
    Und Rotterdam hat uns mit einem fantastischen Wave Pool 🌊 begeistert in dem wir 3 x surfen waren 😍 Bye Rotterdam
    Leggi altro

  • Giorno 11

    Schiedam, Den Haag en Delft

    28 aprile, Olanda ⋅ ⛅ 18 °C

    Ons het rustig reggemaak om weer bietjie deur Schiedam te gaan stap. Marjan kom haal ons eers 14:00 en dan gaan ons Den Haag toe ry en ook by Delft aangaan op pad terug.

    Ons slaan weer eens 'n ander rigting in om die res van Schiedam te verken. Ons gaan na verskeie historiese geboue wat aangetoon is op die kaart. Hierdie keer is óns vd voetgangers wat moet wag vir 'n brug wat opgeslaan word vir 'n boot wat onder wil deurvaar. Dit lyk asof dit lankal veilig is om oor te stap/ry, maar die man vd havensdiens neem sy tyd om die 'booms" op te lig en die verkeersligte te verander na groen.

    Ons stap by die Proveniershuis verby. Dit is 'n groot gebou waar mense ingekoop het en dan geregtig was op lewenslange "board and lodging". Klink my egter dit was mense wat nie gewerk het nie en uiteindelik op gunste en gawes aangewese was. Daarna was daar nog 'n lang geskiedenis en in 1834 was dit onseker wie die eienaar van die gebou was. Tot die munisipaliteit in 1863 sommer besluit het dit is hulle gebou. In 1981 het die gebou afgebrand, maar is darem weer herstel. Dit behoort nou aan 'n organisasie wat hul beywer vir die behoud van geskiedkundige geboue in Nederland en dit word benut vir behuising.

    Daarna stap ons tot by 'n park en sien 'n groot, blink walvis op droë grond. Dit is blykbaar daar as deel van die 750-jarige bestaansjaar vieringe van Schiedam. Neem aan dit is of gemaak deur 'n plaaslike kunstenaar of verwys op 'n manier na die Walvisch Molen in die dorp. Terloops daar is 2 mense binne-in die walvis se maag, seker Jona en Jona se maat!

    Ons wil vir Marjan 'n geskenk gaan koop, maar dis Maandag. Die jenewermuseum en -winkel en die sjokoladewinkel en sommer al die ander winkels is ook toe. Die Bonte Koe het duidelik nie ons paar euros nodig nie!

    Gelukkig is Schattig wel oop en ons gaan rus ons voete en voer ons mae met heerlike vars croissants met botter en konfyt. Elkeen van ons kry 'n miniatuur potjie konfyt, tog te schattig!

    Ons gaan terug hotel toe, want dis nie te lank voor Marjan ons kom oplaai nie én dié joernaal skryf nie homself nie. Ons benut maar die tydjie tot ons beskikking.

    Spoedig is ons Uber daar en Bolt ons daar weg op pad na Den Haag! Ek bedoel Marjan met haar ratse Mini het ons in 'n ommesientjie veilig geparkeer in 'n parkeergarage naby Mauritshuis, die premier se kantoor en Die Binnenhof.

    Marjan vertel vir ons dat die koning elke September, op die 3de Dinsdag vd maand, die begroting kom voorlees in De Ridderzaal. Hy kom dan met 'n koets en perde aangery deur die pragtige laning en in by die poort van De Binnenhof. Hierdie geleentheid was oop vir die publiek om by te woon en haar pa het elke jaar kom luister.

    Hulle is besig met verbouings en restourasie van De Binnenhof en ons kan nie ingaan om De Ridderzaal te sien soos ons eintlik beplan het nie.

    Ons stap om na Mauritzhuis toe waar die bekende skildery van Vermeer is, die "Meisje met de parel". Ons sou dit graag in "lewende lywe" wou sien, maar die toegangsprys skrik ons af en ons is nie regtig ingestel vir 'n kunsmuseum op dié stadium nie.

    Volgende is die Vredespaleis. Dit is waar die Internasionale Hof sit. Daar is toe juis 'n saak aan die gang - SA neem al weer vir Israel hof toe oor hulle nie hulle vyande van kos voorsien nie! Daar sit en staan 'n hele paar joernaliste en kameramanne buite rond en wag om die nuus te rapporteer. Die besoekersentrum is egter net oop van Woensdae tot Saterdag en dis vandag Dinsdag.

    Buite die hek, waar ons dit kan ondersoek dus, is daar 'n vlam wat al baie jare brand en rondom die vlam is 'n klomp klippe ingemessel. Op 'n kaart word aangedui watter land het watter klip gegee om daar hulle samewerking tot die verdrag tot wêreldvrede te verteenwoordig. Suid-Afrika het 'n langerige stuk leiklip (ek is nie geoloog nie!) geskenk.

    Toe verkas ons na Delft - bekend vir sy blou en wit erdewerk, maar ook die geboorteplek van Marjan se ma. Delft het 'n tegniese universiteit so daar loop en fiets orals studente én natuurlik toeriste. Mens moet mooi kyk voor jy 'n straat oorsteek, jy hoor nie die fietse aankom nie!

    Ons verkyk ons aan die geboue wat alreeds eeue tevore gebou is en nog steeds funksioneel is. Ek dink dit is 'n groot deel van die sjarme wat Europese dorpe/stede vir my inhou.

    Oms gaan in by 'n kaaswinkel en proe vd verskillende kase. Die verouderde gouda is my gunsteling. Daar is natuurlik baie aandenkings met 'n Delft, Nederlandse of kaastema ook te koop. Ons dink maar aan ons rugsakke wat ons nog vir die res vd toer moet karwei en hou ons hande tuis. Dieselfde in die moderne Delftware winkel langsaan. Ons koop maar met die oë. By die antieke Delftware winkel, snak ek net na my asem as ek die pryse omwerk na ZAR, al is die ware ook hoe mooi!

    Ons stap verder in die dorpsplein rond, neem foto's vd kerk en die stadhuis en besluit dit is tyd vir ietsie te ete en drinke. Ons kry 'n tafel by Het Konings Huys en ons voel sommer tuis. Ons bestel Heineken, frites en 'n mandjie met 4 verskillende soorte vleisgeregte wat mens met die hand kan eet oa bitterballen natuurlik.

    Daarna gaan ons terug na Marjan se woonstel vir poeding. Sy het spesiaal vir ons oranje tompouce gebêre van Koningsdag. Dit is tradisie om dit op die koning se verjaardag te eet. Dit is duidelik die oorsprong van die Suid-Afrikaanse tamboesie.

    Ons kuier en toer lekker saam met Marjan en haar fotoboeke van vorige reise wat sy onderneem het. Ons sal vir altyd dankbaar wees vir die tyd en moeite wat sy ingesit het om hierdie twee dae vir ons onvergeetlik te maak!
    Leggi altro

  • Giorno 10

    Schiedam en Rotterdam

    27 aprile, Olanda ⋅ 🌙 15 °C

    Ons begin die dag met 'n boodskap van Ds Olivier Muller van Barrydale oor die Pottebakker wat heeltyd besig is om die klei te vorm.

    Ons gaan stap rustig weer deur Schiedam, maar hierdie keer 'n roete wat ons verby al die molens neem. Ons sien die tekens van die vorige dag se feesvierings. By sommige plekke begin die eienaars met die skoonmaakproses, maar die straatjies is baie stil. Die strate waar ons loop is meestal geplavei en smal. Ons kan sommer in die middel vd strate drentel en foto's neem van interessanthede.
    Ons bly min of meer al langs die rivier of kanaal en verkyk ons aan al die mooi en (vir ons) buitengewone dinge. Dit is 'n mooi helder sonskyndag, perfek vir foto's.

    Ons kom by 'n skuit wat wag vir iemand vd Havendiens om die brug te laat opgaan oor die kanaal sodat hulle kan deurvaar. Ons is net mooi betyds om die proses af te neem.

    Ek sien op baie briewegleuwe in die voordeure is stickers geplak wat aandui of die inwoners advertensies wil hê of nie. Ek soek ook so 'n plakker vir my tuinhekkie!

    Ons stap by HN Rose Glasblazerij verby. Hulle maak barometers "voor een mooie weer prognose".

    Ons geniet sommer net die rustigheid van die Sondag en die klein dorpie en gaan verwyl tyd langs die rivier en kyk na die watervoëls.

    Marjan Graveland het ons so net na 1 uur kom oplaai by ons hotel. Sy is vriende van Mamma, Pieter en Janna Graveland, se dogter. Sy was laas in 2014 of so in Suid-Afrika en het toe in Swellendam by Mamma-hulle gekuier. (Ek het in 1989 of 1990 vir haar in Kaapstad toergids gespeel.) Sy was 'n lugwaardin met KLM tot en met Covid. Sy het toe 'n vervroegde aftrede geneem.

    Sy is 'n vrywilliger by die Stedelike Museum van Overschie, 'n buurdorp van Schiedam. Dit is waar sy groot geword het. Sy beman die brocantewinkel so een of twee keer per maand. Die museum is net Sondagmiddae oop en ons gaan die tyd in die museum deurbring terwyl sy haar plig nakom.

    Sy gaan wys ons eers die plek waar haar ouers se huis tot 2017 was. Dit is nou 'n industriële area en die huis is gesloop. Haar pa het spesiale verblyfreg gehad en die ontwikkelaars moes lank wag om te kon bou, want haar pa het 102 jaar oud en haar ma 98 jaar oud geword. Hulle het albei nog in die huis gesterf.

    Ons geniet die museum baie. Een van die volunteers, Anna-Marie, ontferm haar oor ons. Sy is 'n dame van seker so om en by die 80 jaar oud. Ons kommunikeer so "om en om" in Nederlands, Afrikaans en Engels. Die museum gee 'n voorstelling van hoe 'n huis sou lyk in vroeëre tye.

    Marjan het ons ook na haar ouers se graf geneem. Die kerk se begraafplaas is in die agterplaas van die museumgronde. Daar is ook mense wat van die museumgrond huur om groentetuin op te maak. Ons het daar gaan inspeksie doen. Truda se tuin kry beslis 'n beter punt en resensie as meeste van die wat ons gesien het. Daar was egter een oom se tuin wat baie agtermekaar gelyk het. Hy was juis besig om kompos in te werk voor hy pampoen gaan plant. Hy het vir ons vertel van al die soorte groente wat hy in sy beddings geplant het. Hy het ook vir elkeen van ons 'n kraakvars radys getrek om te eet!

    Na die museum toegemaak het (17:00) gaan ons saam met Marjan na haar woonstel in Schiedam. Sy maak vir ons aandete waarvan vars aspersies die hoofgereg is. Poeding is vars, vars aarbeie en roomys. Heerlik!

    Daarna klim ons in haar ratse Mini en ry Rotterdam toe. Sy wys eers vir ons die roete wat sy gewoonlik stap vir oefening tot by die hawe. Kort-kort hou sy stil sodat ons kan foto's neem, of soos sy praat, foto's maak. Die lig is baie mooi en ons neem baie foto's van verskillende uitsigte oor die hawe en Erasmusbrug. Sy neem ons ook na die SS Rotterdam, 'n skip wat omskep is in 'n hotel.

    Daarna gaan ons in die stad in om oa na die oudste gebou in die stad te gaan kyk, die stadsaal. Die paaie is toegemaak en ons kan nie ry soos nodig om daar te kom nie. Moet vinnige "steelfoto" neem in die verby ry. Rotterdam is gebombardeer tydens WWII en basies al die geboue is vernietig, behalwe die stadsaal.

    Op pad na die Art Depot ry ons verby die Kijk-Kubus Museumwonings en ek wil my verbeel ek het al 'n foto hiervan gesien wat Pappa ook baie jare gelede geneem het! Die Art Depot is 'n baie interessante gebou. Ons tref dit baie gelukkig met die tyd van die dag en die lig. Kyk maar na die foto's!

    Na die verkenning van Rotterdam gaan ons terug en Marjan laai ons by ons hotel af.

    Dit was 'n besonderse lekker dag en baie goed om Marjan weer te sien en beter te leer ken. Ons het sommer dadelik 'n konneksie gehad omdat ons ouers en spesifiek moeders, mekaar geken en waardeer het!
    Leggi altro

  • Giorno 9–12

    Spanje na Nederland

    26 aprile, Olanda ⋅ ☀️ 14 °C

    In Madrid begin die metro soggens sesuur. Ons beplan om met die eerste een te ry na die Barajas lughawe. Ons vlug vertrek 08:50 en die rit behoort so amper 'n uur te neem.

    Ons staan vroeg op en 05:40 staan ons voor die geslote ingang na Anton Martin metrostasie. Bietjie bekommerd dat die metro dalk nie betyds gaan oopgesluit word nie, maar totaal onnodig! So 05:55 gaan die roldeur outomaties op hier agter my rug. Dit begin met so 'n harde slag dat ek amper 'n senuineenstorting kry! 😁

    Die eerste trein kom en gaan sonder om te stop, maar toe die tweede een kom, kry ons darem kans om in te klim. Daar is alreeds heelwat mense op die trein, ons is immers by die 4de of 5de stasie van die beginpunt af.

    Ons moet 2 keer oorklim om tot by Terminal 4 te kan ry.
    Ons het alreeds ingecheck, maar ons vlieg met 'n lae-koste lugdiens, so ons moet self ook die plakker vir die bagasie laat print by 'n masjien en vassit aan die rugsakke en dan net "drop" by "bag drop".

    Die vlug duur amper 3 uur. Die plek waar die bagasie uitkom is nogal ver van waar ons in die lughawegebou ingekom het. Schipol is 'n baie besige lughawe, maar gelukkig is hul aanwysings goed.

    'n Gawe beampte help ons (almal) by die kaartjiemasjien om treinkaartjies te koop vir waarheen jy ook al wil gaan. Daar is 'n goedkoper (stadiger) en duurder (vinniger) opsie na Rotterdam Centraal. Raai watter een het ons gekies?
    🤔

    Ten spyte van die stadiger opsie is ons sommer gou-gou in Rotterdam. Lieflike vinnige, skoon trein wat net by een stasie tussen Schipol en Rotterdam gestop het. Pragtige boerderye waarlangs ons ry, met polders op polders groen gewasse en beeste, skape en perde wat rustig wei of lê en herkou.

    By Rotterdam gaan ons na die inligtingsentrum op die stasie en kry raad oor watter kombinasie van publieke vervoer ons moet neem tot naby ons hotel. Die raad wat ons kry is eers trem en dan metro en dan stap tot by Hotel de Windmill. Toe ons naby is, kan ons sien hoekom dit die naam is, want een van die 7 windmeulens van Schiedam is net skuins oorkant die hotel.

    Ons boek in in die kroeg en kry die sleutel vir kamer 8 op die 2de vloer. Klink OK, maar toe ons die trappe sien, sak my moed in my skoene en my rugsak voel sommer dubbeld so swaar! Die trappies is klein en steil en báie!

    Na ons bietjie ontspan het, neem ons ons kaart van S-dam (Schiedam en Swellendam nie) en gaan verken die area. Dit is 'n vakansiedag hier in Nederland, Koningsdag. Dit is ter ere van Koning Willem se verjaardag, wat eintlik eers Sondag is. Min of meer almal het een of ander oranje kledingstuk aan of oranje versierings aan hul ore of om hul nekke - dit is mos die koningshuis van Oranje!

    Ons stap sommer rond en kom in Lange Havenstraat te lande. Hier is baie partytjies nog aan die gang by die restaurante of by stalletjies wat allerhande goed op straat verkoop. Die Nederlanders vier die koning se verjaardag behoorlik!

    Ons drentel nog rond en verkyk ons aan die jolige klomp. Later begin ons die pad terug neem in die algemene rigting van die hotel. Gelukkig is die windmeul 'n goeie baken vir ons hotel. Ons kry 'n supermark naby aan die hotel waar ons klompie kosvoorrade aankoop. Hierdie keer kom die druiwe uit Indië, maar hul uitvoergehalte steek sleg af teen Suid-Afrika s'n.

    Nog 'n interessante dag kom tot 'n einde. Ek's bly ons kon iets van Koningsdag beleef, dit was nogal iets om te sien hoe almal meedoen daaraan.
    Leggi altro

  • Giorno 38

    Keukenhof

    11 aprile, Olanda ⋅ ⛅ 14 °C

    Der heutige Tag stand ganz unter dem Motto Flower-Power. 🌸 Wir haben gestern Gott sei Dank noch Tickets online für den Keukenhof gekauft und haben nur noch welche für 15 Uhr bekommen. Aber es hat sich herausgestellt, dass das die perfekte Zeit war. Die Sonne hat geschien und die Blumen standen in voller Blüte. 🌞 Es gab soooo viele verschiedene Sorten und ich wünschte auf den Bildern würde wirken, wie bunt und farbenfroh das alles war. Der einzige Nachteil waren die Menschenmassen.😅🤣 Wir stehen jetzt auf einem ruhigen Campingplatz und gucken auf einen kleinen See (weshalb hier leider so um die 10000 Mücken sind). Wir sind sehr k.o. und deshalb noch unsicher, wie es morgen weitergeht.Leggi altro

  • Giorno 71–72

    Rembrandt, Pilgrims, Leiden

    6 maggio, Olanda ⋅ ☁️ 52 °F

    Leiden is the home of the Netherlands first University and Rembrandt. It's also where the pilgrims took refuge from England and then about 12 years later sailed to Plymouth Rock.

    We only have one day and night here and wish we had more. The area near the university has some stunning streets that look like they came out of a fairy tale. There are lots of canals and the requisite shops, bars, and cafes that line them. We're not tired of that yet!

    We stumbled on the Pieterskerk, The large Church near the university that was the home base of the pilgrims. It's a museum and event space now. There was a large plaque on the wall commemorating John Robinson, the lead pilgrim minister and effectively the cult leader of the Calvinist pilgrims. It boasted how tolerant he was.

    And right next to it was a modern display. One of the panels explained how the pilgrims had stormed a bookmaker shop and destroyed the printing press plates for a book that they deemed sinful. They imprisoned the bookmaker for several months! John Robinson stayed behind as a group of the pilgrims later sailed to the new world.

    It's hard to find Dutch food in the Netherlands. Most restaurants are ethnic, selling a variety of food from around the world. That's not the worst thing, because traditional Dutch food was fairly basic: meat, potatoes, and cheese. We did have a delicious mustard soup though. That was new for us.

    The sun sets at 9:19 pm now and there's light for much longer. We wandered the city for hours enjoying the quiet, empty streets on a Tuesday night after Bevrijdingsdag, the national liberation day. Maybe everybody was nursing a hangover?

    There are two working windmills in town. We toured one of them and learned a lot. Windmills were used to grind flour, drain the land by pumping water, and used as sawmills to cut planks. If not for these windmills, a lot of the Netherlands would still be under water.

    Leiden is yet another great mid-sized Dutch town. We happened to be here for the Wednesday market. We bought 3 kinds of cheese for snacks later. Too bad we have to leave after just one night. Next stop is Amsterdam.

    More photos and videos are here.

    https://photos.app.goo.gl/qimsYezzK5ZfS4tt8
    Leggi altro

  • Giorno 8

    Katwijk aan Zee

    5 maggio, Olanda ⋅ 🌬 12 °C

    Tot ziens Alkmaar.
    Wir verließen Alkmaar, fuhren ein kurzes Stück Autobahn uns schwupps waren wir in Katwijk, wo wir bis Mittwoch auf einem Campingplatz in den Dünen bleiben werden.
    Das Wetter war bisher ziemlich sonnig, aber kalt und sehr windig.
    Wir machten einen Spaziergang durch die Dünen und über den Strand nach Katwijk. Im Ort war nicht viel los und viele Geschäfte waren geschlossen.
    Wir fanden ein hübsches Strandrestaurant, das war aber nicht schwierig, denn es gibt viele davon, und hatten ein leckeres spätes Mittagessen.
    Ja, dann gingen wir zurück zum CP, kochten uns einen Kaffee und verputzten den Apfelkuchenrest aus Alkmaar.
    Derart geschlaucht mussten wir uns etwas ausruhen und dann war schon wieder Zeit fürs Abendbrot.
    Ihr seht, ein ereignisreicher Tag heute!
    Doch damit nicht genug, wir konnten uns nochmal aufraffen und zum Strand laufen, um den Sonnenuntergang in einer Strandbar zu genießen.
    Jetzt warten wir bei Aperol Spritz und einem Virgin Gin&Tonic, dass die Sonne endlich im Meer versinkt.
    Leggi altro

  • Giorno 17–18

    Oss na Apeldoorn via Schiphol

    4 maggio, Olanda ⋅ 🌙 8 °C

    Word wakker in die weelderige kamer van die 4-ster hotel en besef alles moet nou weer inpas in die rugsakke. Geen vergunning van goed wat maar los kan wees in die motor nie, want ons gee later vandag ons SpaceStar terug. Neem darem ons pizza los saam, want gee motor eers vieruur se kant terug.

    Ons beplan net om by Kinderdijk aan te gaan op pad. Weer eens moet Truda kop hou met al die afritte en samevoegings van die paaie. Sonder te veel moeite kom ons so 10:00 se kant aan by die parkeerterrein van die Kinderdijk - wat sowat 5 km van die windmeulens af is. Daar is 'n shuttlebus wat mens, teen betaling na die regte beginpunt toe neem.

    Ons staan eers bietjie rond en wonder hoe mens die uitgebreide wêrelderfenis gebied moet benader en besef gou ons het hulp nodig
    Gelukkig is daar 'n informasiekantoor en 'n vriendelike dame (met die blouste van blou oë) verduidelik vir ons waar om te begin en hoe om te stap en/of boot te ry om die beste ervaring te hê.

    Terloops, toegang tot die perseel is gratis. Die kaartjies wat ons online gekoop het, gee mens toegang tot die boot en die 2 museum molens wat nie vir almal beskikbaar is nie. Daar is egter baie mense en fietsryers wat sommer net vir 'n uitstappie gekom het om die natuur te geniet.

    Daar is 'n kort fliek wat verduidelik wat die nut is van die molens en hoe dit ontwikkel het sedert die vroegste tye. Daar is 19 molens wat die polders vir boerdery moes drooghou in tye wat die rivier Lek sy walle oorstroom. Dit gebeur maklik, want Kinderdijk is laer as seevlak. Die molens word nou nog bewoon, maar die eintlike harde werk van water pomp word deesdae gedoen met 'n elektriese pomp of pompe wat darem ook met wind (en sonkrag) werk.

    By die een museum windmeul is daar 'n pragtige groentetuin. Die ander een het weer 'n hele klompie diere - katte, konyne, bokke en hoenders ook.

    Wanneer die windmeul se lemme draai, is dit omtrent 'n geraas soos die lemme verby swiep. Dis nogal skrikwekkend as mens sien hoe vinnig hulle verbykom!

    Toe ons uitkom by die tweede molen, is daar 'n vieslike vriesende windjie wat my laat terugdink aan Ysland. Ons wil met die boot terugry, maar sal 25 min moet wag vir die boot om op te daag. So ons begin terug te stap. Net mooi by die ander molen se aanmeerplek kry ons die boot. Ons klim toe sommer op al gaan die boot in die verkeerde rigting, want dit is niks lekker buite nie en ek het reeds verkoue.

    Terug by die beginpunt, is daar 'n man wat 'n opname maak oor mense se ervaring van Kinderdijk en hoe ons daarvan te hore gekom het. Hy hou ons toe eers 'n rukkie besig, maar daarna kan ons nie wag om binnekant te kom en 'n lekker warm koppie koffie met baie melk te kry nie. Nie die weergawes met die klein wolkies melk nie! Ek bestel vir ons 2 Koffie Verkeerds - dis hulle term vir koffie met melk! Die bekertjies is so groot soos 'n gewone wegneemkoffie in SA, maar hulle maak dit toe net halfvol. Ek gee dit amper vir hulle terug en sê maak vol! Eintlik moes ek die 2 koppies bymekaar gegooi het in een beker en gesê het ek het 2 bestel, hulle skuld my nog net so een! Ek is baie lus om 'n foto van 'n Mega Wimpy koffie vir hulle te stuur (met die Euro prys daarby) en sê hulle dis hoe koffie moet lyk en wat dit maksimum moet kos!

    Daarna shuttle ons terug motor toe en lê weg aan die vorige aand se oorskiet pizza. Dit is toe al lank verby gewone middagete tyd - seker naby aan halfdrie.

    Truda stel Google Maps in op Schiphol Rental Car Returns en ons val in die pad. Ons vorder goed, want Google en die werklikheid vergelyk mooi. Ons gooi brandstof in so 25 km vd lughawe af. Mens maak eers self die tenk vol en dan stap jy binnetoe om te gaan betaal. Hoeveel mense in SA sal wegry sonder om te betaal? 🤔

    Ry naby die lughawe so klein bietjie verkeerd, maar gelukkig niks ernstigs nie en presies 16:00 gee ons die motor terug. Nou is ons weer aangewese op die Nederlandse en Duitse Spoorweë vir 'n paar dae.
    Ons koop treinkaartjies vir 'n Intercity trein na Apeldoorn, maar ons moet oorklim in Utrecht. Die trein vertrek van die regte spoor op die regte tyd (soos gesê deur die persoon in die kaartjieskantoor), maar dit is 'n trein wat basies op elke stasie gestop het. Ons kom toe heelwat later as beplan in Apeldoorn aan, maar gelukkig is daar gereelde treine en kon ons op Utrecht net 'n volgende een neem en was ons nie gestrand nie.

    Ons stap deur die stil strate na ons hotel toe, maar darem nog in daglig. Ons kamer is op die 2de vloer, met (natuurlik) 'n stel klein, steil trappe. Gelukkig het ons laat middagete gehad en is 'n pakkie Cup-a-Soup en 'n koppie koffie genoeg om ons deur te dra.

    Ons skryf joernaal sodat ons nie (te veel) agter raak nie en toe is dit slaaptyd. Môre vertrek ons Bremen, Duitsland toe.
    Leggi altro

  • Giorno 13

    Zum Strand

    2 maggio, Olanda ⋅ ☀️ 15 °C

    Ein letzter Radeltag. Der Weg führt mich zunächst durch ein Holland wie aus dem Bilderbuch: Kleine Dörfer, lang ausgestreckt entlang der Kanäle, Windmühlen, gepflegte Bauernhöfe.
    In Kinderdijk stehen noch viele der historischen Windmühlen am Kanal. Einst wurde mit ihnen das Wasser in den Kanal gehoben und das Land so trocken gelegt.
    An der Lek warte ich auf die Fähre, die mich über den Fluss bringen soll, aber sie kommt nicht. Ich studiere drei Mal den Fahrplan und sehe mich schon nach einer Alternativroute um, als sie nach einer Stunde Wartezeit doch noch erscheint. Die Fährfahrt dauert dann nur noch 10 Minuten.
    Auf der anderen Seite angekommen, arbeite ich mich ins Zentrum Rotterdams vor. Ich erfrische mich mit zwei Bier, denn es ist schon wieder warm geworden.
    Hinaus aus der Stadt und am Nieuwe Waterweg entlang. Hier fahren schon die großen Seeschiffe.
    Die letzten Kilometer ziehen sich in die Länge, zumal ich heute zeitweise zum ersten Mal auf dieser Reise Gegenwind habe. Ich fahre auf einen Aussichtshügel hinauf und sehe unter mir die eine Hälfte der riesigen Maeslandkering. Heute gibt es keine Sturmflut, und die große Sperre liegt ruhig in ihrem Trockendock.
    Ich fahre an der Englandfähre vorbei, die im Hafen von Hoek van Holland schon bereit liegt.
    Ich finde die Rezeption, lasse mir den Schlüssel für unser Strandhaus geben und ziehe ein. Es liegt tatsächlich unmittelbar am Strand, mit Aussicht auf das Meer, die großen Schiffe und den Sonnenuntergang. Eine Stunde später trifft auch Heidi ein.
    Leggi altro

Unisciti a noi:

FindPenguins per iOSFindPenguins per Android