• Bonera lägerli - Grindelwald

    May 9, 2024 in Switzerland ⋅ ☀️ 7 °C

    Dis eenvoudig so... Ek sien 'n berg, ek wil hom klim...
    Oo Grindelwald is mooi! Ek klim my eerste berg in Switserland hier toe ek sommer die eerste beste voetpad inslaan. So kom ek op 'n gletser af. Die eerste sneeu wat ek kry. Ek is behoorlik in 'n ekstase hieroor, maar toe die sneeu verderaan net meer word, besef ek ek moet maar 'n roete afwaarts soek. Op 'n gletser is nie die veiligste plek om te speel nie...
    Ek maak nog 'n laaste stop in Lauterbrunnen ook.
    Read more