• Treine en stasies - Mannheim

    October 18, 2024 in Germany ⋅ ☁️ 14 °C

    Die eerste trein van Basel tot by Mannheim is vertraag. Eers was daar 40 minute tyd om treine te wissel op die stasie, maar toe die trein tot stilstand kom is daar net 1 minuut. Almal wat op die Hamburg trein moes kom het soos nog iets gehardloop om hierdie trein betyds te haal. Ander mense het hul treine verpas en moet alternatiewe soek. Die Duitse treine is dalk gemakliker ingerig, maar duidelik met 'n rede: die passasiers moet gemaklik in vertragings kan bly!Read more