• Johannesburg Lughawe

    21. december 2025, Sydafrika ⋅ ☁️ 20 °C

    Dis later as wat beplan is, maar ek is eindelik op pad België toe om daar te Au Pair. Ek moes eintlik 1 November al begin werk het daar, maar die werkspermit het baie langer gevat en toe kon ek eers my visum kry. Alles is darem nou gereed en ek kan gaan! Maryse en die kinders lyk baie oulik en ek is opgewonde. Ek sou eers 19:45 vertrek met België se lugdiens wat saam met Lufthansa werk, maar vanoggend kry ek toe 'n epos dat my vlug van Johannesburg af Frankfurt toe gekanselleer is en moes ek skarrel om 'n ander vlug te boek. Dit darem gratis. Nou is ek gereed om Turkye om te vlieg. Om my boarding pass te kry was ook 'n uitdaging, want my middelnaam is as deel van my van op my kaartjie geboek en dit verskil dus van my paspoort. Ek moes ook sny aan my bagasie en 'n paar goedjies soos 'n 5kg sak mieliemeel los omdat ek net een 23kg tas kan vat. Vandag was darem reënerig, so dis nie 'n straf om klaar warmer aan te trek nie. Winter hier kom ek!Læs mere