• Ete by die Skotte

    March 23, 2025 in Switzerland

    Ek gaan die oggend weer 'n slag na die Mosaïk kerk oorkant die treinstasie toe. Daar kry ek die eerste keer vir Vivianna hierso. Ná kerk nooi Peter Mckenzie, die Skotsman, ons oor vir middagete. Dis net hy en die twee seuntjies, die ma en dogtertjie is weg vir die naweek en kom eers vanaand weer terug. My fiets word saam in die kombie gelaai en ons is die berg op. Middagete is lasagna met Raclette kaas op, wat Peter nog oor het van die Racl'agettes fees waar ons ontmoet het. Ons speel te lekker saam met die kinders. Later gaan ons parkie toe. Ek bly nog vir "crêpes" vir aandete ná François met die bus weg is. Dan groet ek ook en seil die pad met die berg af met die fiets terug huis toe.Read more