• Hier gaan ons!

    September 11, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 18 °C

    Die begin van 'n lang reis is vreemd. Wanneer begin jou reis? Wanneer jy jou voordeur sluit? Wanneer die kar by jou straat uitry? Of eers wanneer, iewers op die langpad, die vryheid vlak in jou gemoed kom lê? Ek (dis nou Toast Coetzer) en my meisie Alice Inggs is op pad: Zambië, Tanzanië, dalk Rwanda, die ewenaar... Volg ons reis hier!Read more