Hier gaan ons!
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 18 °C
Die begin van 'n lang reis is vreemd. Wanneer begin jou reis? Wanneer jy jou voordeur sluit? Wanneer die kar by jou straat uitry? Of eers wanneer, iewers op die langpad, die vryheid vlak in jou gemoedRead more
Die Veldskoen-padstal
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 17 °C
Tyd vir laatontbyt... Op 'n reis noordwaarts uit die Kaap stop ek byna altyd by Die Veldskoen buite De Doorns. Droëvrugte, fudge, dalk 'n bottel hanepoot. Die pad is lank, maar die lewe is kort: vatRead more
Veldblomme langs die N1
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 19 °C
Moenie die Groot-Karoo vlak kyk nie: dit kan blomme gooi nes Namakwaland.
Granaatbosse in blom buite Beaufort-Wes
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ⛅ 16 °C
Geel klossies oor die veld, net waar jy kyk. Die Karoo het altyd 'n verrassing vir jou. Soms, selfs oorvloed.
Aalwyntjie
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 25 °C
Langpad Aberdeen toe
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ⛅ 27 °C
'n Ligte bui reën, 'n wind wat oor die vlakte jaag, die strepe, die strepe.
Dieselgooi, Graaff-Reinet
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ⛅ 27 °C
En koffie... (Kyk net hoe mooi is ons Fortuner.)







