- Show trip
- Add to bucket listRemove from bucket list
- Share
- Day 2
- Friday, October 25, 2024 at 10:23 AM
- ⛅ 7 °C
- Altitude: 1,146 m
TurkeyKaranlik Kilise38°38’19” N 34°50’45” E
Jnb na Cappadocia

Ons het 02:30, na werk, Pretoria toe gery, Pikkie opgelaai en lughawe toe gery om ons af te laai.
Ons kry almal toe by check-in. So lekker om almal weer na 'n jaar (of twee) te sien. Ons vlieg Abu Dhabi toe en staan 6 ure oor. Eers het ek en ma, Geertje, Chris en Lemley by 'n oulike sjokolade winkeltjie gaan koffie (iced chocolate) drink en daarna rondgestap en uiteindelik Pearl Lounge toe gegaan en ietsie geëet. Mens moet ekstra betaal om te stort as mens ingaan met Dragonpass (alhoewel Daníle-hulle nie het nie) so ek en ma besluit toe eerder op 'n rug massering, wat besonder lekker was. Ons is toe reg vir die volgende deel van die vlug - Abu Dhabi na Istanbul.
Op Istanbul gaan ons almal na 'n koffiewinkeltjie en drink en eet iets voor ons aanbeweeg om Nevşhehir toe te vlieg, waar 'n bussie ons oplaai en Cappadocia toe vat na Rocca Stone House. Dis 'n baie lekker hotel en die personeel is baie vriendelik. Die stort was fantasties, veral na al die vlieg.
Ek en Geertje loop toe en kry 'n plek waar ons ATV's kan huur vir 'n sonsondergang rit na die 'fairy chimneys'. Ek en ma deel 'n ATV (quad bike), Chris en Geertje deel, die Greylings deel en Lemley ry alleen (want Lizette kon nie kom nie - arme Lem). Orals is stof en die Oosterse gaste voor ons is baie versigtig en stadig (wat natuurlik glad nie frustrerend is vir iemand met 'n swaar voet nie), maar dis baie mooi en lekker.
Na die rit staan mens een-een dat hulle jou sand afspuit met wind.
Om die dag af te sluit stap ons en gaan eet by GürmeKebap restaurant. Ons eet sulke hoender gereg wat in 'n kleipot gemaak word en dan by die tafel oopgekap en in 'n bord gegooi word. Ek kry ook uiteindelik weer 'n içli kofte - sulke lekker vleisballetjie met 'n degie om wat amper soos semolina lyk.
Doodmoeg stap ons terug hotel toe en gaan slaap - ons sal more shop.Read more
Traveler
Ai maar julle is slim met die stort kepsies. Ek moes daai vuil helmet net so op my kop sit!! Kon nie wag om my hare te was nie!!