• Trip na St Anton via Miami

    March 14 in the United States ⋅ ⛅ 27 °C

    Ek het gisteraand met MSC World America tot by Miami gekom. Maks en Enzo het die tug boat se fluite drie keer geblaas om bye te sê en het gewaai want hulle het gesê ek moet op die promenade dek vir hulle gaan waai, want hulle gaan nie meer daar wees as ek terugkom nie. Hartseer.
    Janneke het my toe kom haal, na haar oorgee, want sy was op roep die aand. Ons het by die Griekse restaurant gaan eet en toe gaan slaap.
    Vanoggend vroeg (05:30) moes ek by ontvangs wees om deur doane te gaan, omdat ek 'n 'downliner' was. Ek het toe Walmart toe gegaan en vir Janneke by Wynwood gekry. Wynwood is 'n hele woongebied vol 'murals' en straatkuns.
    Van daar af is ons Miami Beach toe (South Beach). Ons het ontbyt gaan eet by 'n oulike plekkie langs die strand, Kanoli.
    Daarna het ons in die pad af gestap. Ek is nie mal oor Miami nie. Ek dink as mens die geld en tyd gaan spandeer is daar baie, baie plekke wat ek eerder sal aanbeveel. Ek dink nie Miami sal die lys maak nie. Maar daar is 'n atmosfeer wat lekker is. Dit lyk ook tipies soos op die stories en flieks, met polisie ens.
    Van daar af is ons strand toe en het teen die strand (en dalk bietjie in die water, jean en al) afgestap en toe teruggegaan, Janneke skip toe en ek lughawe toe via Dolphin Mall. Van hier af vlieg ek Londen toe en dan Zurich.
    Read more