• Dag 7: A Gaurda

    September 17, 2024 in Spain ⋅ ☀️ 20 °C

    Ons eerste aand in Spanje — in die prentjiemooi kusdorp A Gaurda wat ‘n rustige hawe vol vissersbote omhels. Vanaand slaap ons in
    Hotel Monumento Convento de San Benito, ‘n ou klooster. Besonders! Die 14 km-pad hierheen was gemaklik en het eers langs die kus begin, toe deur die antieke stad Caminha op die Minhorivier, die grens tussen Portugal en Spanje, gelei. ‘n Kort watertaxi-rit later en jy gee jou eerste treë in Spanje waar die Camino-roete jou oor die heuwel met ‘n skaduryke bergpad na A Gaurda neem.Read more