• Dag 12: Caldas de Rei

    22 september 2024, Spanje ⋅ ☁️ 17 °C

    Die roete was ons genadig en het gesorg vir ‘n meestal plat, koel, mooi stapdag deur plase en woude. Ons moes wel gewoond raak aan die singende speke van die talle fietsryers op die roete. Dis beslis besiger noudat ons Santiago nader, want dis verpligtend om die laaste 100 km na Santiago te stap om jou Compostela aan die einde te ontvang. Oral klink die klik-klak van stapstokke en verskillende tale op. Caldas de Rei is pragtig met warmwaterbronne vir die seer spiere. Môre is ons tweede laaste dag met ‘n 19 km na Padron. Voel of ons al maande weg is van die huis en tyd wonderlik stilstaan.Meer informatie