• Laaste dag op die vriendelike Eiland

    31 Disember 2022, Amerika Syarikat ⋅ ⛅ 6 °C

    Ons laaste dag by Bets-hulle... 🤔
    Bets, Marise, Chrissa en ek het vroegoggend (@8😆) gou langs die see gaan stap... klippies strand met baie uitgespoelde houtstompe. Almal deur water geloop om seker te maak ons skoene is waterdig en reg vir Alaska. Die hele eiland se paaie kronkel tussen natuurlike woud deur - pragtig!
    Daarna moes ons roer om betyds by Victoria lughawe te kom. Gou saam met Bets laaste kuiertjie en Kambucha ingekry en toe vlieg ons na Vancouver en toe na Seatle waar ons geslaap het... gelukkig nie "Sleepless in Seatle" nie! 😇
    Vanoggend die shuttle @6 gekry en nou.... NOU IS ONS IN DIE VLIEGTUIG OPPAD NA JUNEAU!!!!
    Baca lagi