• To Colmar !

    Nov 2–5, 2025 in France ⋅ ☁️ 10 °C

    Het vanoggend n laaste breakie saam almal gehad in Todtnau en toe opgepak en teruggekeer na Freiburg saam Franci hul.
    Was regtig special om saam hulle en die Lootse te kuier.
    Moes toe als fyn beplan want moes op n trein en dan n bus na Colmar reis en toe het die planne sommer vroeg geflop. Eerste trein gemis en dit het n rippel effek gehad. Franci se ouers, Andrea en Fernando het toe sonder twyfel stasie toe gejaag en besluit om ons te gaan aflaai in Colmar. Ek was super dankbaar want die kids was confused met al die reelings en ek het nogals huistoe verlang vandag. Die aflaai was n engel oomblik want Fernando het saam ons gestap tot by die voordeur van ons verblyf.
    Pragtige plek! So elegant en reg in die ou dorp gedeelte.
    Ek en die kids is toe uit opsoek ba middagete en die eerste beste ding was n kaaspannekoek vir €6 😬
    Ons het toe rondgestap en op n mallemeule afgekom so paar blokke weg in n park. Kinders her dit baie geniet!
    Aandete gekoop by n klein winkeltjie want baie restaurante en groter supermarkte was toe.
    Huistoe gekom en rustig gewees. Wag nou vir my ma en Irene om te arriveer. Hul trein was vertraag. Sien uit om Colmar more saam hul aan te pak!
    Read more