• Marissa Labuschagne
  • Irene Swanepoel
  • Marissa Labuschagne
  • Irene Swanepoel

Europa en meer!

Europa avontuur saam twee fikse oumas, Liede, Frede en ek :) Read more
  • Trip start
    October 26, 2025

    123 ons is in Amsterdam!

    Oct 26–28, 2025 in the Netherlands ⋅ 🌧 9 °C

    Baie vroeg lughawe toe vanoggend, mekaar 5am daar ontmoet nadat Adrienne gedink het sy het haar foon vergeet en Wouter moet rondskarrel met parental consent briewe en paspoort sertifisering by dis lughawe het ons vertrek met groot opwinding. Dit was moeilik om vir Wout baai te sê maar die kinders en lughawe stres het dit effens gemask.
    Vlug was lank en aanhoudend, maar doenbaar! Frede het op en af met die gangetjies gehol, Liede het haar screentime ingehaal vir n jaar.
    Geland en toe op n trein, n trem en n kort stappie in die reen tot by ons hotel. Dubbelkamer met sagte wit linne, handoeke en n warm stort.
    Frede het sy ogies toegemaak sodr ons in die hotel ingestap het. Ons gaan aandete skip en sien uit na Amsterdam more! Lekker slaap
    Read more

  • Stadswandeling

    October 27, 2025 in the Netherlands ⋅ ⛅ 11 °C

    Oggend het baie vroeg begin 5am al wakker in Eu tyd maar die kinders se klokke is nop op SA tyd wat n iir later is.
    Oggend rustig begin en toe begin stap opsoek na n lekker koffie naby Vondelpark. Daarna het het deur die park gaan stap vir iets om te hap. Dit het woes begin reen maar sommer net so wolkbreek en toe kon ons weer verder verken! Kids het albei vroeg aan die slaap geraak in die strollers wat baie lekker werk.
    Ons het die Moco museum besoek, kontemporere en moderne kuns. Die kinders het dit geniet! (Ons ook)
    Van gogh was reeds vol die week en Rijks se rye baie lank.
    Na die museum het ons op n boot deur die kanaal gevaar wat lekker was om die stad van so oogpunt te sien.
    Die res van die dag was rustig deur die strate stap en verken, stop as iets lekker lyk (sop, broodjies, poffertjies, biertjie)
    Ons is 5pm weet tuis na n supermark uittog en n paar kilos op ons voete.
    Die was n lekker dag te spyte van die reen! Son het hier en daar selfs uitgekom
    Read more

  • Blijf rustig!

    October 28, 2025 in the Netherlands ⋅ ⛅ 11 °C

    Weer lekker vroeg op, opegpak en lekker koffie onder in die hotel gedrink. Ons is nogals spyt ons het nie daar ontbyt geeet nie want to ons uitstap lyk dit heerlik! Toe is ons in die reen baie dapper opad na Albert Cuyp mark in de Pijp. Vinnig besef ons gaan te nat word en gepivot na die trem. Frede slaap deur als. Ons is toe gou in n Hema winkel in om die reen te ontduik en koop toe perongeluk 2 sakke vol speelgoed en kinderklere waarvoor ons defnitief nie plek het nie. En natuurlik n pop vir Liede- sy naam is Noah en reis nou saam met ons.
    Daarna het die son uitgekom en toe kon ons rustig deur die mark en 2dehandse winkels stap. Ek het n vars warm stroopwafel gehad wat baie lekker was en my ma het klomp bessies verslint.
    Ons het toe ons tasse by die hotel gaan haal en die uittog Utrecht toe aangepak, trem, trein, bus, 6min se stap en ons is veilig in Utrecht. Baie mooi woonstel wat uitkyk op die kanaal met lekker ruimte vir almal om te beweeg.
    Ons stap toe net oorkant die pad vir aandete by het Musieklokaal, verbasend baie kindervriendelik. Bitterballen en ander snacks gehad. Ekt toe vir Frede in die bed gesit terwyl my ma en Irene n nagkelkie gaan drink het by n ander bar. Ons kyk nou shaun the sheep . Sien uit vir nog n dag in Utrecht more!
    Read more

  • Een dag in Utrecht

    October 29, 2025 in the Netherlands

    Ons het eintlik net een dag in Utrecht, moeilik om als te sien en te beleef maar dink ons het goed gedoen! 05:30 op en met n lekker koffie by die airbnb begin, daarna na n gesellige koffiewinkel opad na die toring. Ons wou graag die ondergrondse toer doen maar als maak eers 10uur oop en toe wandel ons maar in die winkels rond waar dit bietjie warmer was!
    Het n vriendin van my ma ontmoet en iets gaan eet en drink by n plek met die naam Jozef wat n kinderhoekie het. Heerlik en die kids het besig gebly wat lekker was.
    Ons het toe n bespreking by die Nintje (Miffy) museum.
    Dit was verskriklik oulik en baie interaktief. Liede het en Frede het dit baie geniet.
    Ons het toe rustig by die oudegracht afgestap (klein straatjie lands n kanaal mer interessante winkels) terwyl die kids slaap.
    Laaste drankie en snack saam Eloise en toe kom drink ons n glas wyn en snacks in die airbnb,
    Vandag meer gestap en ons lywe voel dit maar ons kla nie,
    Ek sal weer Utrecht besoek, dit was te kort!
    Read more

  • Nederland na Duitsland

    October 30, 2025 in Germany ⋅ ☀️ 17 °C

    Vroegoggend met al ons bagasie na die treinstasie toe gemission. Dis maar n storie met die twee prams en oorvol tasse. Maar ons het goed gedoen- die kids is regtig champs. Liede het koors gehad deur die nag maar gou recover darm.
    Ons is toe op n trein na Frankfurt met n baie onaangename konfrontasie in die trein met n ou wat nie Liede en my ma wou storie lees nie, ons was darm nie verkeerd wat het in die familie coach gesit. Die ou is na n paar lelike en woorde en dreigemente van sy kant af ge”eskort” deur die polisie. Gelukkig het my ma n dik vel. Liede het wel nie verstaan hoekom die oom nie kom jammer sê nie.
    Na die insident het ons toe die trein leeg raak ons eie klein familie hokkie gehad wat baie gehelp het.

    By Frankfurt het ons toe gesplit. My ma en Irene na James toe en ek en die kids op nog n trein na Franzi hul in Freiburg.

    Lang dag, 17:00 in Freiburg gearriveer, Flammekuchen geniet saam Franzi en Max, Frede val toe ook intussen van n paar trappe af in hul huis. Nie te min, albei kids kry n panadostropie voor bed en ons pass almal 8pm uit (ek ook.)

    Vol dag!
    Read more

  • Todtnau

    October 31, 2025 in Germany ⋅ ☁️ 10 °C

    Vroeg op saam die kids en lekker ontbyt geeet saam franzi en Max en Mathilda. Ek en Liede en Frede stap toe deur die woud na die winkelsentrum om inkopies te doen vir ons wegbreek na die Swartwoud saam die Lootse.
    Ons het n airbnb gebook in Todtnay, so 40min buite Freiburg.
    Franzi het ons daar gekry en ons het omtrent die winkel leeggekoop wat als toe op haar fiets moes pas huistoe! Liede het in die fiets carrier haar huistoe gery wat sy gelove het.
    Ons het so 14:00 hierheen gery in n vriendin van F se kar sodat ons almal kan inpas.
    Dorp en huis is baie nice, super dankbaar vir die geleentheid om saam vriende te eet en drink en te kuier!
    Verlang baie na Wouter.
    Frede is baie besig en ons moet planne maak om die huis te babyproof.
    Liede geniet die maats.
    Raclette vir aandete, baie smaaklik en opwindend vir Liede, dink syt 5 pannetjies kaas in!
    Frede is nou in ons “boomhuisdakbed” en ek gaan nou n glas wyn saam my vriende geniet :) hart is vol
    Read more

  • Magical Todtnau

    November 1, 2025 in Germany ⋅ 🌧 11 °C

    Goeie aand in Todtnauberg, kon vir die sterre loer uit ons dakkamertjie.
    Het toe vanoggend na die waterval gaan kyk en in die woud gaan stap. Bitter mooi, veral met die herskleure.
    Het toe gaan swartwoudkoek in die dorp eet en die res van die middag gereen en die hele huis het n maraton middagslapie gevat.
    Vanaand heerlike lasagna geet, almal se magies lekker vol. laaste aand hier!
    Spesiaal om dit te kan deel met vriende.
    Read more

  • To Colmar !

    Nov 2–5, 2025 in France ⋅ ☁️ 10 °C

    Het vanoggend n laaste breakie saam almal gehad in Todtnau en toe opgepak en teruggekeer na Freiburg saam Franci hul.
    Was regtig special om saam hulle en die Lootse te kuier.
    Moes toe als fyn beplan want moes op n trein en dan n bus na Colmar reis en toe het die planne sommer vroeg geflop. Eerste trein gemis en dit het n rippel effek gehad. Franci se ouers, Andrea en Fernando het toe sonder twyfel stasie toe gejaag en besluit om ons te gaan aflaai in Colmar. Ek was super dankbaar want die kids was confused met al die reelings en ek het nogals huistoe verlang vandag. Die aflaai was n engel oomblik want Fernando het saam ons gestap tot by die voordeur van ons verblyf.
    Pragtige plek! So elegant en reg in die ou dorp gedeelte.
    Ek en die kids is toe uit opsoek ba middagete en die eerste beste ding was n kaaspannekoek vir €6 😬
    Ons het toe rondgestap en op n mallemeule afgekom so paar blokke weg in n park. Kinders her dit baie geniet!
    Aandete gekoop by n klein winkeltjie want baie restaurante en groter supermarkte was toe.
    Huistoe gekom en rustig gewees. Wag nou vir my ma en Irene om te arriveer. Hul trein was vertraag. Sien uit om Colmar more saam hul aan te pak!
    Read more

  • Sprokiesmooi Colmar

    November 3, 2025 in France ⋅ 🌙 9 °C

    Ons het n baie lekker dag in Colmar gehad. Mens kan die hele ou stad (Vieux Colmar) te voet verken sonder om moeg te raak, en ons het dit sommer met n klein treintjie ook gedoen vir die kinders se onthalwe.
    Het lekker ontbyt en aandete by die woonstel gemaak, ek, Irene en Liede het tee en koek geniet by n oulike plekkie terwyl my ma en boeta slaap en laatmiddag het ons n bier en n tarte flambee (flammekuchen) by n pub tipe plek geet en gedrink.
    Dis regtig prentjie mooi.
    Baie plekke was nog toe vandag wat ons more sal besoek soos museums , die markte ens.
    Read more

  • Laaste dag in Colmar

    November 4, 2025 in France ⋅ ☁️ 10 °C

    Ons laaste dag in Colmar. Vroeg na die mark toe vir lekker gebak, koffie en sommer net rondkyk.
    Daar is die mooiste bestandele maar ons besef ons wil nie met n sam vol oorskiet kos Parys toe more nie.
    Die res van die oggend het ek en Liede bietjie aleen tyd spandeer en my ma, Irene en Frede is na die natuur en wetenskap museum. Blykbaar het Frede die opgestopte diere vreeslik geniet!
    Ons het deur die winkels gestap wat gister toe was en by die huis kom te en koek eet. Na n kort slapie vaar ek en Irene saam die kinders die pad in na n speelparkie. Hul het dit baie geniet!
    My ma join toe later by n restaurant vir n biertjie by Parc di Champ-de-Mars terwyl Liede slaap en Frede rondhol.
    Ons het die aand afgesluit by n klein winebar onder by ons woonstel se deur. Liede het 3 slakke geeet 🤭
    Read more

  • Paris monoprix 123!

    Nov 5–8, 2025 in France ⋅ ☁️ 15 °C

    Ons het vanoggend vroeg begin reg maak om die trein vandag 11uur te haal Parys toe. Woonstel skoonmaak, tasse toekry, tasse afdra…
    Alles goed gegaan en ons maak ons 2de trein in Strasbourg met sekondes! Publieke vervoer is nie vir sissies nie, ek was vandag dankbaar vir n kar wat ek enigetyd in kan klim en ry waar ek wil.
    Dit bly steeds n avontuur vir ons en die kinders en met my ma en Irene is daar never n dull moment. Ek toer regtig lekker saam hulle twee!
    Ons het n uber van die stasie af gevat- dankbaar, want ons tasse voel meer en swaarder soos die dae bykom.
    Omtrent so 4pm by ons volgende homeExchagne woonstel aangekom- piep piep klein maar net wat ons nodig het. Reg oorkant n speelparkie en n monoprix supermark. Ons het gaan kos en drinkgoed kry, kids gebad en gaan nou aandete maak. Ons wonder hoe n hele gesin met 2 kinders in hierdie klein plekkie bly. Wouter land amper en join ons vanaand- sien so uit!
    Read more

  • Papparys

    November 6, 2025 in France ⋅ ☁️ 14 °C

    Vroeg op- Liede en Frede so opgewonde toe hul vir Pappa sien!
    Liede en Wouter gaan koop toe by die bakkery (boulangerie) op die hoek vars croissants en ons eet lekker ontbyt voor ons die stad invaar.
    Dit was baie stil en geen rye by die Notre dame- baie cool om te sien.
    Daarna het ons paaie spontaan gesplit.
    My male is Louvre toe en ons Montmarte. Baie lekker gestap, bederfies langs die pad, Frede slaap, Liede slaap.. baie lekker. Toe ons bo op die heuwel kom het dit begin reen. Perfect timing want to gaan ons binne die Sacre Coerr in.
    Die straatjies anders ervaar as in Februarie. Arms is seer stootwa gestoot!
    Laatmiddag vir Steph by ons woonstel gekry en toe die kids by ouma gelos en saam hom kets gaan drink by n plekke oorkant die pad- baie lekker!
    Goeie dag!
    Read more

  • Gala dag- Parys

    Nov 7–8, 2025 in France ⋅ ⛅ 13 °C

    Ons het n baie lekker laaste dag in Parys gehad, ons vlieg moremiddag terug.
    Vroeg na die Eiffeltoring toe, koffie, pastries, toe gestap na die Arc de Triomph toe. Baie indrukwekkende stoppe gewees.
    Middagete en biertjies in naby Steph se woonstel, laaste paar winkels in en n baie lekker stappie terug op n ou brug/treinspoor wat hul in n park omskep het. Die eindig ook toe in n baie lekker speelparkie vir die kids.
    My ma en Irene se beurt om n drankie te gaan drink en toe kook ons lekker kos by die woonstel.
    Ons is moeg, maar tevrede
    Read more

  • au revoir!

    November 9, 2025 in France ⋅ ☁️ 12 °C

    Laaste dag in Parys, opgepak, laaste stappie, koffie, pastry, frittes.
    Vir Bossie ontmoet, hy en Wouter kyk rugby en dan bly Wouter langer saam hom en kuier nog bietjie.
    Wouter is baie opgewonde!
    Ons vat n Uber lughawe toe na n laaste wyntjie by die “geel” restaurant naby ons woonstel.
    Die incheck by lughawe was intense- my ma se tas was 7kg oorgewig, toe moes ons baie goed uitpak.
    Mens moet ook als self doen by die lughawe, sal jou tas scan ens.. dit maar stresvol met die twee kleintjies gewees, maar doenbaar in hindsight!
    Die vlug self was maar moeilik. Die kinders het darm geslaap maar nie ek of my ma nie. Nietemin het dit gou verby gegaan.
    Dankbaar om terug te wees in ons land! Dit was n baie lekker ervaring, ek sal dit more weer doen!
    Dankbaar om saam my ma en tannie onvergeetlike herinneringe te bou en die kinders het als net mooi versier ;)

    Tot volgende keer
    Read more

    Trip end
    November 9, 2025