• au revoir!

    November 9, 2025 in France ⋅ ☁️ 12 °C

    Laaste dag in Parys, opgepak, laaste stappie, koffie, pastry, frittes.
    Vir Bossie ontmoet, hy en Wouter kyk rugby en dan bly Wouter langer saam hom en kuier nog bietjie.
    Wouter is baie opgewonde!
    Ons vat n Uber lughawe toe na n laaste wyntjie by die “geel” restaurant naby ons woonstel.
    Die incheck by lughawe was intense- my ma se tas was 7kg oorgewig, toe moes ons baie goed uitpak.
    Mens moet ook als self doen by die lughawe, sal jou tas scan ens.. dit maar stresvol met die twee kleintjies gewees, maar doenbaar in hindsight!
    Die vlug self was maar moeilik. Die kinders het darm geslaap maar nie ek of my ma nie. Nietemin het dit gou verby gegaan.
    Dankbaar om terug te wees in ons land! Dit was n baie lekker ervaring, ek sal dit more weer doen!
    Dankbaar om saam my ma en tannie onvergeetlike herinneringe te bou en die kinders het als net mooi versier ;)

    Tot volgende keer
    Read more