• Venice ... vir oulaas

    October 10 in Italy ⋅ ☀️ 20 °C

    Laaste vakansie dag. Venisië strate, torings. Kyk hoe n oom glasblaas in Murano.
    Rob Manson het van Bridge of Sighs afgespring. Daai is hoog oom. What a legend 🤛

    Die bookshop is mooi maar die fotos vertel nie die volle storie nie .... Is dit Dozi wat sing van die "soetgeur van katpis wat hang in die gang ... 😀"

    Het nogal gewonder of ons iewers afrikaans gaan hoor op die vakansie, wel vandag in die Ferrari winkel hoor ons "Hierdie goed het nie eers pryse op nie" 😀😀. Lag saam oor die duur pryse. Dit was lekker onverwags.

    Baie tieners neem Instagram fotos op die bruggies. Onder ry romantiese mense op die rivier, terwyl 'n oom vir hulle sing. Seker maar iets in italiaans soos "Piering-oog se pa het 'n moerse gondolaaaaa ..."

    Italiaanse tannie like dit nie toe ons buite op die vensterbank sit en whiskey drink nie. Sy wil gaan snitch by die baas 🤦‍♂️. As die leeu-posbusse nog gewerk het was ons gesin in die moeilikheid vanaand.

    Ons maak self pasta vanaand. Kerslig ete. Gesels soos altyd oor elkeen se hoogtepunte, wat jy sal deel, wat jy geleer het, wat jou verras het en wat jy sal mis en nie sal mis nie.

    More is dit pak. Dan boot, bus, vliegtuig, vliegtuig, Isuzu, huis.

    Nag ou grote

    🇿🇦
    Read more