Satellite
Show on map
  • Day 5

    Puente la Reina to Estella

    May 5, 2022 in Spain ⋅ ⛅ 7 °C

    23km - vandag se kort afstand wat so lank gevoel het. Het met sonop (7:30) Puente verlaat en n vinnige pas die hele dag probeer hou. Dit sink eers in dat ons al 110km gedoen het toe ek die afstand bordtjie sien. Almal voel die moegheid vandag en meeste sien uit na n af dag hierdie naweek.

    Vandag is daar weer nuwe interesante karakters om te ontmoet op die trail. My gunsteling was Pipa die Spaanse mime/pirate wat nie n woord engels kan praat nie maar ons klets vir amper n uur langs die pad.

    Heerlike aandete saam met Meghan, Amy en Rochelle wat ons alles vertel van haar dogter se burlesque dans manewales.

    Estella is besonders mooi en die mense is vriendelik en geduldig met die pelgrims se patetiese spaans. Jy weet jou albergue keuse was puik as die eienaar n bier in jou hand stop soos wat jy inloop.

    Te moeg om verder te rapporteer ☀️
    Read more