Satellite
Show on map
  • Day 6

    Estella 🚶🏻‍♀️Los Arcos 🚌 Logrono

    May 6, 2022 in Spain ⋅ ⛅ 14 °C

    22km - vandag was weer n kleiner afstand tot by Los Arcos. Ek “skip” n stage om op te maak vir my galavanting Bilboa toe die naweek.

    Het vanoggend wakker geword in n prag Albergue wat uitkyk oor die Ega rivier. Ontbyt was cappuccino’s en Nutella op toast. Ons was ook vrek gelukkig om yoghurt, piesangs en croissants te kry vir padkos ⭐️

    2km buite Estella is die Irache Wine Fountain. Bodegas Irache was so gaaf om gratis wyn uit hulle buite muur te laat vloei om pelgrims dronk te maak teen 8:30 am sodat hulle van hul skete en kwale kan vergeet.

    Praat van kwale, daar is gerugtige dat vele van ons St Jean Camino familie al uitgeval het asgevolg van kniee en enkels. Daar is ook n storie dat twee mense hulle lewens Sondag verloor het in die Pyranees as gevolg van hart probleme. Ek voel dankbaar vir n gesonde lyf vandag. Die rus naweek gaan die voete en stywe heupe net goed doen.

    Aangekom met die bus in Logrono en ek mis dadelik die platteland.
    Het vanaand na die Church of Santiago gaan kyk en was betyds vir n pelgrims seëning (als in Spans).

    Van nou af gaan dit weer vreemde gesiggies wees op die trail aangesien ek n dag uit gaan wees met my Camino familie van die week. Maar sien uit na die volgende hoofstuk.
    Read more