Satellite
Show on map
  • Day 14

    Leon to Villadangos del Paramo

    May 14, 2022 in Spain ⋅ ☁️ 19 °C

    21km - vandag se stap voel soos die slegte deel van Woodstock in CT vir die eerste 10km. Ek sien mooi graferings in brons in n vuil muur, dadelik nuuskierig gaan loer ek nader. Dit lyk bekend. Vlieg om die draai en voor my is die Basilica de la Virgin Del Camino deur n moderne argitek en versier met Subirach werke (bekend vir sy werk aan die Sagrada Familia onderandere). My mond hang oop maar die ander stappers stop nie eers nie.

    Dit was n vinnige 21km langs n besige pad. Die laaste van die plat Meseta. My nuwe stap stok werk soos n bom om ekstra gewig van die seer plekke af te hou.

    Eks vroeg by my hostel in die vreemde dorp van Villadangos. Dis n industriële dorp en hier gaan niks aan nie. Die gebou laat my dink aan Steven King’s The Shining met lang, verlate gange. Aandete was koue vleis, kaas, brood en verskillende vreemde slaaie. Lekker gekuier met mense van UK en Korea.
    Read more