Satellite
Show on map
  • Day 24

    Sarria to Portomarin

    May 24, 2022 in Spain ⋅ ☁️ 11 °C

    25km - ek drink koffie en praat nonsens met die amerikaners tot 9am. My teorie is dat ek so die stormloop dorp uit sal mis. Nie eers 40 min later voel dit soos n maraton. Groepe toeriste en skole wat klip hard praat, niemand groet, en spoed loop sonder om na enigiets te kyk. Daar is rommel langs die pad en elke slak is road kill.

    Dalk die les van die dag; inleiding in die samelewing na amper 4 weke op die pad.

    Gelukkig ontmoet ek n paar goeie siele, Ellie van Hermanus en Erin van Ohio. Ons eet die lekkerste middagete by n “dinotivo” en kla oor die Camino inval. N vriendelike mini-mensie hardloop die plek en is erg trots op haar heerlike gebak.

    Die hele dorp van Portomarin is steen vir genommerde steen verskuif tot bo op die bult nadat die dam gebou is in die 1960’s.
    Read more