• Die gatsby ervaring

    October 8, 2025 in South Africa ⋅ ☀️ 22 °C

    Ek het nog nooit 'n gatsby geëet nie. Dries ook nie. Ons het nog net daarvan gehoor. Dis nie 'n ding in Gauteng nie.
    Vandag is ons lus vir take-aways. Die week is besig en stresvol en daar was nie vandag tyd om oor kos te dink nie. Dries ry na die plaaslike take-away want ons wil die gatsby ding probeer. Gelukkig bestel hy medium en nie large nie. Daar is nie small beskikbaar nie. Dis twee enorme goed! Die helfte van een lê die blikbord vol. Ons het duidelik kos vir more ook.
    Flippen lekker hoor!
    Read more