• Kleinmond storm

    March 25 in South Africa ⋅ 🌬 18 °C

    Laasnag het Kleinmond 'n windstorm gekry met winde van meer as 72 km per uur. Ons het 3 uur wakker geword van die wind en toe is dit skielik chaos. Dries het hierdie tent so goed geanker dat die wind die stiksels van die tent stukkend geruk het. Ek en Dries het die pale probeer vas hou en dan tel die wind ons albei in die lug op. Dit was wild. Dis nou die nie-so-lekker deel van kamp.
    Maar te midde van die chaos is ons bederf met die wildeperde van Kleinmond; hulle was op die strand!
    Ons het heelgemaak wat ons kan maar ons het nou nie meer 'n stoep nie. Daai panele sal moet gaan vir herstelwerk. Ons het skoon gemaak; mens kon sien 'n stofstorm was hier deur. Nou gaan ek sit. En bietjie brei. En nou nou, gaan ek 'n groot glas wyn drink.
    Read more