• Moedersdag 2026

    May 10 in South Africa ⋅ ☁️ 15 °C

    Ons wou 'n brekkie gaan eet, toe loop ons by Elvis Brew in. Ietsie anders. Die knypkoeke was heerlik en die koffie ook.
    Inkopies vir die Kaapse winter! Reen enkelstewels vir ons altwee en ietsie vir 'n bietjie hitte as dit koud raak. En 'n nuwe blikkie vir my naalde! My ou een het goed geroes in Kleinmond.
    En toe remodel ons die kombuis! Drie kleiner tafels instede van twee grotes.
    Read more