• SAPREC

    August 7 in South Africa ⋅ ☀️ 17 °C

    Seabird & Penquin Rehabilitation Center
    Interessante feite:
    Inkubasie tydperk is 38 dae.
    Voëls wat 'n gebrek het, word nie weer vry gelaat nie. Hulle tree daar af en word versorg.
    Pikkewyne paar vir 'n leeftyd. Soms, as een van die twee dood is, sal die oorlewende 'n nuwe lewensmaat vat.
    Die spikkels voor op die pikkewyn is uniek, dis hoe hulle mekaar uitken.
    Hierdie plek patroleer 200km kuslyn en doen dit slegs uit skenkings met die hulp van vrywilligers.
    Voor 'n voël vrygelaat word, kry dit 'n microchip en soms 'n transponder.
    Die pikkewyne sal van die honger vrek as hulle nie gedwing word om te eet nie; om 'n dooie vis te eet is teen hulle instink.
    Pikkewyne kry voël malaria van die muskiete teen die kus. Al waar die muskiete kan byt is op die gesiggie waar die vere dun is. Hulle word met Peaceful Sleep behandel om die muskiete weg te hou.
    Van die wat gebreke het en daar bly, broei!
    Read more