• Gamkaskloof

    Oct 10–11 in South Africa ☀️ 17 °C

    Ek het nie woorde nie, maar ek sal probeer. Berge wat jou toevou en jou laat besef hoe klein jy eintlik is. Ongerepte natuur. Ribbokke en Duikers wat nie eens bang is vir die kar nie. Proteas oral. Veldblomme oral. Water stroompies oral. Watervalletjies oral. Ongelooflike uitsigte wat eenvoudig nie dieselfde lyk op 'n foto nie. Dis iets wat mens self moet beleef. Geen foto en geen video kan jou werklik wys hoe dit daar lyk nie.
    Hierdie was die eerste stuk. Die 'maklike' stuk. En maklik was dit wraggies nie. Die bord by die begin dui twee ure aan. Na die storms in Mei het dit ons vier ure gevat. Sal ons dit weer doen? 'n Besliste JA!
    Read more