• Markie en LED park

    March 16, 2019 in South Korea ⋅ 🌙 5 °C

    So uit die hoek van die gratis gym se venster (waar n blinde vrou langs my op die treadmill draf en n ander vrou agter my aan haar voete ini lug hang) sien ons toe klomp liggies en besluit om na die tyd te gaan kyk. Was my gelukkigheid toe nou buite beheer toe ons die fairylight beligte markie tussen klomp bome vind! Ons loop al agter Margerite se kaasstokkies aan tot ons ons perongeluk vas loop in n LED Park...liggies orals...ons kon ons net verkyk! Die koreane hou net nooit matigheid voor oë nie! Die keer moet die prentjies maar die storie vertel...Read more