Jeju adventure 2019

March 2019 - April 2024
Here we go...n jaar lange avontuur Read more
Currently traveling
  • 10footprints
  • 1countries
  • 1,881days
  • 49photos
  • 0videos
  • 922kilometers
  • Day 3

    Aankoms in Jeju

    March 5, 2019 in South Korea ⋅ 🌙 7 °C

    Dalk moet mens net eers oor die initial shock kom voor jy kan begin process. Ek dink die ervaring is heeltemal anders as mens vir n jaar kom as wat mens vir vakansie kom en verseker meer challenging as mens alleen kom. Maar hier is ek na baie baie turbulance en Jeju is massive! My hele persepsie van grootte op n kaart is nou gebreek. Dis na 12 die aand toe ek eindelik deur doane is en ek hang soos n skaaphond by die venster uit en verkyk my aan al die geboue en liggies...en natuurlik die karre aan die verkeerde kant vd pad. Ekt n eiland in gedagte gehad, maar new york city gekry....sonder die engels. Behalwe vir die vreemde badkamers en deure wat met knoppies ipv sleutels werk, is my huisie herl billik en ek groet gretig die dag.Read more

  • Day 3

    Eerste dag by skool

    March 5, 2019 in South Korea ⋅ 🌙 7 °C

    Na ek darem die regte knoppie gekry het, onthou het om my skoene buite die deur te los en iets gemompel het wat naastenby soos hulle groet klink (natuurlik met die gepaardgaande buigie wat lyk soos ek wat oor n sypaadjie teël struikel) kan ek my verkyk aan die klein grootmensies wat by die deur inkom. Hulle 4-jariges lees beter as meeste van S.A. se hoërskool kids. Ons kry lunch by die skool en Michael teacher vd U.S. vertel my ek sal elke dag ander korean kos kry. Verder is hul groot op recycling en jy betaal as jy kos weggooi. Aan die einde van elke dag moet jy jou asblik uitsort in recycling sakke...dis gross. Om tot 6uur vir die klein grootmensies skool te gee is erg uitputtend en ekt sommer gaan slaap....gelukkig kan ek middernag opstaan en straataf stap om iets te ete te kry!Read more

  • Day 6

    Exploring en snaakse goed

    March 8, 2019 in South Korea ⋅ ☀️ 8 °C

    Die son het uiteindelik so bietjie geskyn en toe vaar ek die strate in...omtrent gehop soos ek skrik vir n glaskas vol 'slange' voor die een restaurant. Eel is blykbaar n big deal hier, maar ek was nie te vinde vir die idee nie. Ek het n stukkie natuur gesoek en n berg gekry, maar dit was monster koud so ek sal hom later klim. Bo die berg was daar soooo baie voëls en ek het sommer net gestaan en kyk....koreane het klomp bygelowe oor voëls en baie van hulle is bang vir voëls (seker oor daar so min in in die stede). Twee ander bygelowe is dat jy nooit iemand se naam in rooi mag skryf nie oor dit bad luck is en verder is die nommer 4 ook bad luck oor die uitspraak baie dieselfde is as hul woord vir dood. Hulle voel so sterk hieroor dat die hysbakke n 'F' ipv n 4 het.Read more

  • Day 10

    100 dag viering (koreaanse tradisies)

    March 12, 2019 in South Korea ⋅ ☀️ 13 °C

    In Korea is dit n groot viering as n baba 100 dae oud is. Dit is tradisioneel om dan White rice cake ~ baeksulgi te maak wat purity en n lang lewe simboliseer en dan red bean rice cake ~ susupatdduk wat al die 'evil spirits' sal weg jaag. Die familie vier dit dan en as hul wil ook die skool waar hul kind is. Ons leerling se boetie is 100 dae oud en ons kan in die vreugde deel. Die koreane het soooo baie tradisies!Read more

  • Day 14

    Markie en LED park

    March 16, 2019 in South Korea ⋅ 🌙 5 °C

    So uit die hoek van die gratis gym se venster (waar n blinde vrou langs my op die treadmill draf en n ander vrou agter my aan haar voete ini lug hang) sien ons toe klomp liggies en besluit om na die tyd te gaan kyk. Was my gelukkigheid toe nou buite beheer toe ons die fairylight beligte markie tussen klomp bome vind! Ons loop al agter Margerite se kaasstokkies aan tot ons ons perongeluk vas loop in n LED Park...liggies orals...ons kon ons net verkyk! Die koreane hou net nooit matigheid voor oë nie! Die keer moet die prentjies maar die storie vertel...Read more

  • Day 28

    Cherryblossom fest

    March 30, 2019 in South Korea ⋅ ⛅ 10 °C

    En skielik ontaard hierdie yskoue winter in n sprokies wereld van kersie bloeisels...en slaan jou asem weg soos n koue wintersoggend. Natuurlik soos die Koreane is, is alles weer in oorgawe! Ons kyk bloeisels, dra bloeisels en eet bloeisels! Ek word uit ky sokkies bederf met 2 random foreigners wat massiewe bubbles blaas....heel op die punt. Daars altyd magic op die einde, maar te min mense hou aan tot by die einde! Die bloeisels en liggies is verbysterend en maak jou so oomblik verlief voel...en dan lief voel...vir die lewe.Read more

  • Day 35

    Abandoned Circus

    April 6, 2019 in South Korea ⋅ ⛅ 12 °C

    Wat n ervaring! Glad nie vir toeriste bedoel nie, maar n heerlike uitstappie. Die sirkus het in 2007 besluit om sy deure te sluit en alles net so daar te los. Na 12 jaar het wind en weer al baie verander, maar jy kan amper sien hoe hier gister nog n sirkus was. Aan die dak hang skerwe van vlaggies, die sitplekke is opgeslaan, daar staan n stoel in die middel vd verhoog en die nooduitgang is nog duidelik gemerk. Verder is daar nog kostuum kamers met kostuums in en kantore met boeke, printers, telefone en selfs n glasie met n tandeborsel en tandepaste in. Die sak vol ingangs kaartjies, poker chips, vending masjiene en botteltjies guava juice laat mens voel of hier nog onlangs iets aan die gang was. Alles is egter al bruin oud en vrot. Ons elkeen soek ons gelukkige nommer tussen die kaartjies uit en verken verder. Wat egter n hoogte punt bly was die kamertjie met die toegang onder die gebou...en op sy vloer n Leonard Cohen CD....die res is n hartstorie vir die wat Cohen se lirieke ken. Ongelooflike ervaring.Read more

  • Day 50

    Eerste Kerk

    April 21, 2019 in South Korea ⋅ ☁️ 15 °C

    So is dit paasnaweek en ons soek met nuwe moed na n kerk. Jeju is blykbaar vol cults en ons sukkel nogal regtig om n kerk te kry. Gelukkig vind Margs n advertensie op fb en ons is reg vir kerk....tot ek verslaap. Sien, Jeju pas my leefstyl...alles begin eers 9uur. Tensy jy n bus moet kry. Ons moes. Ons het nie. Ekt gehardloop. In crocs. Ons het toe maar n taxi gekry en die prys betaal. Ons klim uit en stap oor die pad en tadaaaa mense wat soos ons is! En klomp wat Afrikaans praat! Asof dit nie lekker genoeg is dat almal afrikaans praat nie, is daar na die tyd n ete en daars n bak braaivleis! Ek vergeet al my maniere en gaan skep twee keer en steel n worsie uit stephan se bord uit! Jy kry nou nie elke dag n stukkie braaivleis nie! Ok dit was net wors, maar as jy bly in die land van seekos en pap groen blare....juig jy oor n gebraaide worsie en hy proe skoon na n medium rare A graad steak! Later loop ons nog n vriendin raak en hê gesprekke met mense soos ons oor n bord Sondag kos! Paasnaweek het n stukkie huis in hom gehad...en my voete is vrek seer...(ons het oppad terug agter die bus aangehardloop ook...vir spangees en so).Read more

  • Day 51

    Strand na werk...vir die siel en so.

    April 22, 2019 in South Korea ⋅ ☀️ 23 °C

    Ek wou al dans van gelukkigheid toe Lisa my vra of ek wil strand toe gaan na werk, maar toe kon ek dit nog inhou. Na n paar koreaantjies my bloeddruk opgejaag het en n massiewe groot starbucks koffie op my lessenaar my diep skepties het (die koreane voel hul kan alles fix met versnapperinge en dit laat my totaal verstom dat hul jog so maer is), is ek in besonder bly oor see toe gaan na werk. Goeiste my parkering is n grap en die naaste parkering wat sy aan die skool kon kry is 6 blokke weg (haar huis is 10 blokke weg) so ons stap....Elektriese karre is fantasties!!! Ook n besonderse goeie idee vir n huur kar siende dat daar geen brandstof betrokke is nie. Verder het die engen nie n dooie geluid nie en laai hul maklik en effektief. Nog oppad see toe stop Lisa langs die pad en die wiele het skaars gestop toe is ek al uit om net die see te kan inneem. Ek mis regtig die see. Eks salig onbewus dat sy fotos neem en toe ek dit later sien, beskryf dit volkome hoe ek gevoel het. Ons was by die ongelooflikste restaurant en het toe langs die see gaan stap...dis water is helder deurskynend en my brein kry dit jie geprosesseer nie! Dis ongelooflik! Ons ry toe so strand langs in n liggie wonderland tot by die lighuise wat soos perde is...ek verloor beheer...pluk my skoene uit en hardloop die see in....ek kon net nie meer nie! Oppad terug speel Lisa vir my koreanse musiek en ek gooi n ou klipwerfie en n Lekker ou Jan in die mix...ons albei sing en dans saam....met die see lug en wind in my hare is ek so gelukkig dat jy met my kan toor!Read more

  • Day 91

    Koffie in die Park

    June 1, 2019 in South Korea ⋅ ⛅ 18 °C

    Baie goed is anders hier, maar die een was nie veronderstel om te wees nie. Ek werk saam n baie interessante karakter en toe hy my nooi vir koffie, het ek soos enige standaard uitgawe van n mens, 'n koffiewinkel in gedagte gehad. Michael is nie n standaard uitgawe nie. Michael doen ook nie standaard koffie nie. Ons skop die Saterdag af met sy standaard uitstappie (Michael is n creature of habbit) na die 2de handse winkel. Die swift shop is eintlik n hele storie op sy eie, maar dit eers daar gelaat. Na swift shop stap ek toe nou agter hom aan (hy verstaan nie van 'I have little legs' nie) en ek doen so strompel-stap-draffie-agtige iets terwyl ek reeds in my kop my koffie vir n yskoffie ruil. Volgende oomblik stop ons in die park langs my huis en hy begin sy sak uitpak. Moontlik vir effek, sit hy eerste n mesagtige ding neer en toe volg n stofie, n gasbottel, blink goeters en uiteindelik koffie, suiker, melk en n plunger. Ek begin spontaan lag en neem n foto in my kop om die oomblik te onthou. Pleks ek maar toe al my kamera reggekry het. Volgende oomblik verklaar hy sy ongelukkigheid en die hele tafel is nat onder die gas wat uitgeloop het. Hy vra my om terug te sit en voor ek nog kon wonder hoekom, steek hy die tafel aan die brand! Op die stadium lag ek al uit my maag uit. Ek leef vir oomblikke soos die! Gelukkig is die tafel van vulkaan klip gemaak (daai vrekkin een wat ek geklim het) en dit brand gou uit en ons maak koffie! Beste koffie date ooit!Read more