• Prentjiemooi eiland

    28. oktober 2016, Vanuatu ⋅ ⛅ 23 °C

    'n Kaleidoskoop van kleure en die reuk van sondbrandolie het ons betower op die Mysterieuse mooi Vanuata eiland. Terwyl ek en Roedolf so om die eilandjie stap, het ek gedink my Afrikaanse en Engelse byvoeglike naamwoorde mag dalk opdroog voor ons in Sydney aankom.

    Wie sou kon raai dat mens met n bikini oor n landingstrook kan loop en gou n spring kan inwerk? -ook n eerste.

    Die snorkel was weereens eersteklas. Dit was absoluut die moeite werd om ons snorkel en paddavoete saam te karwei.

    N.S.
    Ek werk aan my Afrikaans, ek besef ons praat n mengelmoes na ek 'n Afrikaanse storieboek gelees het

    {Issy}
    Læs mere