Vander Wonders

Joined September 2016
  • Explore, what other travelers do in:
  • Day5

    Eerste aand in Storms rivier

    December 30, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 25 °C

    Hierdie plek is so na aan die hemel as wat mens seker op aarde sal beleef.

    Dit bly net eenvoudig een van die mooiste plekke in die wêreld vir my!

    Die beste vir my is hoe my siel hier kom rus, die oomblik toe ons hier aankom toe voel ek op vakansie!

    Eks so dankbaar vir die ongelooflike tye wat ek hier gehad het as kind en nou as grootmens, ek hoop ek kan my kinders ook lief maak vir dit wat die natuur vir ‘n mens bied!

    As ‘n side note, my vrou kan rerig nie braai broodjies maak nie. Sy sukel rerig met watter kan kry botter en watter kant kry filling. Vanaand het sy ‘n broodjie gemaak met filling aan beide kante van een sny brood, so op die beste n dagwood braai broodjies. Ek sal maar moet lesse gee....
    En die is nou maar nie bosveld nie, mens moet maar met kole braai al voel dit nie reg nie, die hout is altyd nat hier en maar moeilik om dit te kry om te brand.

    {Roedolf}
    Read more

  • Day4

    J-Bay Twins

    December 29, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 23 °C

    So lekker gewees om met Charl en Jeané op te vang vir die eerste keer sedert ons weg is in Bermuda.

    Die twins Millie en Charlie is sulke pragtige kinders en ons het so lekker met hulle gespeel.

    Ek moet se ek haal my hoed af vir Charl en Jeané oor hulle die tweeling so goed wrap, dit sit nie in enige iemand se broek om twins groot te maak nie.

    {Roedolf}
    Read more

  • Day4

    Woody Cape

    December 29, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 22 °C

    Ons het vroegoggend ‘n lekker stappie gemaak tot op die strand, af tussen die dramatiese duine, ons is die enigste mense daar, baie meer idillies as soveel plekke oor Desember. Die donker het ons die vorige aand bietjie gevang so dit was lekker om vanoggend verder te kon loop en sommer net die natuur te geniet. Die deel van die park word omring deur Parmalat plase dis ongelooflik mooi hier. Die Sanparke kan bietjie bykom en die roetes en afstande beter aandui, maar dit maak dit immers meer van ‘n avontuur.

    {Issy}
    Read more

  • Day3

    Umtinsini bush hut

    December 28, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 21 °C

    Ons het eers die dag voor ons by die huis gery het die aand geboek. Min het ons geweet die verblyf is nie deel van die hoof Addo park nie.

    Dis deel van die park teen die kus genaamd Woody Cape.

    Dit was eintlik ‘n ongelooflike mooi ontdekking sonder dat ons dit beplan het, die huisie in die middel van niks en nêrens in die bos was uiters romanties en die sand duine by die see was ongelooflik mooi.

    {Roedolf}
    Read more

  • Day3

    Day 2 in the Addo

    December 28, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 24 °C

    Ons het die hoof Addo park van bo to onder deurgery vandag, dit was heerlik!

    Ons stop by ‘n hide wat nie na veel lyk nie en stap in tot waar mens na ‘n watergat kyk net om die meeste olifante te sien wat ek al by mekaar gesien het. Daar was 3 troppe olifante op een stadium by die watergat. Van groot tot piepklein olifantjies probeer hulle self vol modder spuit. Dit was ongewoon om so naby hulle te kom, sonder dat hulle weet ons is daar, mens voel baie veilig in die hide, maar ek besef as al daai Olifante besluit hulle kom vir die hide, staan ons geen kans nie.

    Ons het ook een noue ontkoming gehad met ‘n Olifant wat in die pad bly loop het en ons moes omtrent ‘n km terug stoot voor hy van die pad af wou klim om ons verby te laat gaan. Isabel was oor dramaties en het vas geglo die olifant gaan ons storm en syt ‘n lindt balletjie geëet wat kamstig haar laaste een van haar lewe sou wees.

    Addo is rerig ‘n oulike park!

    {Roedolf}
    Read more

  • Day3

    Early morning walk

    December 28, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 22 °C

    Nice way to start the morning with a walk in the Addo bush.

    The main Addo rest camp has a couple of trails in the camp, naturally we just had to try it.

    {Roedolf}

  • Day2

    First day in Addo Elephant Park

    December 27, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 28 °C

    You would think the first thing you would see in the Addo Elephant Park is elephants. But not today, we did not even see one elephant. Isabel was even to nervous to drive because this place is notorious for the number of elephants you encounter.

    We did however see a black rhino which you don’t often see. He did not give us a good shot to take a picture unfortunately.

    I must say I am pleasantly surprised with this park, it give me the same feeling as the Kruger National Park. I can’t wait to see more tomorrow!

    {Roedolf}
    Read more

  • Day1

    Overnight at the Prinsloo's

    December 26, 2017 in South Africa ⋅ ⛅ 0 °C

    Lekker gekuier saam die Prinsloo gesin op Biesiesvlei naby Smithfield in die Vrystaat. Ons maak ‘n stappie en kuier sommer soos ouds op die plaasstoep. Die groot oop vlaktes bly iets unieks en egs aan Suid Afrika. Die stilte daar sit ons in die regte vakansie luim. Ons braai ‘n lambouds hoe dan anders op ‘n skaapboer se plaas?

    Dis lekker om Lareine se folks te leer ken en oom Harry se stories te luister en uiteindelik ‘n gesig by ‘n gesegde kan plaas. Tannie Adré shape in ‘n kombuis soos net ‘n boervrou kan, die lekkerste groente wat ek in ‘n langtyd geeët het, en ‘n moerse plaasontbyt.

    {Issy}
    Read more

  • Day11

    Itinerary from hel

    November 13, 2017 in Qatar ⋅ 🌙 22 °C

    Flying half way around the world ain’t fun. Bermuda to Boston (2.5 hour flight) where we had a 5 hour layover. Boston to Doha (11 hour flight) where we had a 12 hour layover. Then the final leg Doha to Johannesburg another 10 hour flight.

    I ran into Pierre Goosen in Doha, first time since 2000.

    And I just hd to take a selfie with the big teddy bear. It was one of the last places I took a Photo on our around the world trip earlier this year.

    {Roedolf}
    Read more

Never miss updates of Vander Wonders with our app:

FindPenguins for iOS FindPenguins for Android