Satellite
Show on map
  • Day13

    Fox Gletser Lol

    November 19, 2016 in New Zealand ⋅ ☀️ 20 °C

    Wat is nog 'n uur roundtrip hike? Ek sê let's do it! Pretty much my en Roedolf se gesprek. Die stappie is korter maar baie mooi met 'n diep valley met NOG watervalle (ons raak blasé) en riviertjie waaroor ek hop met 'n redelike stewige bult voor die pragtige uitsig van die Fox Gletser.

    Terug by die kampeerwa bou ek 'n heerlike gourmet broodjie met hoender, ham, verouderde NZ cheddar, basiliepesto en kersietamaties. Ek moes natuurlik eers die moewiese gemors opruim want die pesto se olie het oor alles in yskas uitgeloop.

    Met min tot geen hoop ry ons na Fox Glacier guiding om te hoor of die 1.50pm heli hike voorgaan.

    {Issy}
    Read more